... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Op Wie se Voorwaardes?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 9:4,5 Watter huis julle ook al binnegaan, bly daar oor totdat julle weer daarvandaan vertrek. En as enigiemand julle nie verwelkom nie – wanneer julle daardie dorp verlaat, skud die stof van julle voete af as getuienis teen hulle.” (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Op Wie se Voorwaardes?


Download audio file

Een van die groot versoekings van hierdie wêreld waarin ons leef, is die begeerte om God te hervorm tot ‘n beeld wat vir ons baie makliker is om te aanvaar. Daar is inderdaad dinge van God wat selfs Christene wil ignoreer.

Is dit nie amper onbegryplik dat Jesus iemand kan verwerp nie? Is dit? Of is dit nie?

Jesus stuur sy dissipels twee-twee uit op ‘n sendingreis. Soos ons weet, is praktiese ervaring per slot van rekening ‘n redelik normale deel van die opleiding in sendingwerk. Maar Hy sê vir hulle dat hulle geen proviand mag saamneem nie. O en terloops, hulle sal ook hul eie akkommodasie moet vind. En dan voeg Hy by:

Lukas 9:4,5 Watter huis julle ook al binnegaan, bly daar oor totdat julle weer daarvandaan vertrek. En as enigiemand julle nie verwelkom nie – wanneer julle daardie dorp verlaat, skud die stof van julle voete af as getuienis teen hulle.” (AFR20)

Wag nou! Dit pas mos nie heeltemal by die beeld van ‘n sagte, liefdevolle Jesus nie? Skud die stof van julle voete af… Maar weet jy, dit was ‘n simboliese waarskuwing vir diegene wat die Evangelie verwerp, dat hulle ook eendag deur God verwerp sal word.

Dit is snaaks hoe diegene wat nie eens in God, of in ‘n hemel of hel glo nie, die feit dat God hulle tot die ewige hel gaan verdoem, baie aanstootlik vind.

Dit is nogal snaaks dat hulle so voel, maar jy moet onthou dat ons in ‘n wêreld leef, wat om die ‘eie-ek’ sentreer. En in ‘n wêreld waar ons vertel word dat “alles om my draai,” is dit maklik om God ook deur daardie lens te begin sien.

Maar laat ons dit mooi verstaan. Ja, God het ons lief. Ja, Hy sal ons vergewe, maar slegs as ons op Jesus, sy Seun, vertrou; net as ons ons lewens regruk en na Hom toe terugkeer.

Dit is God se voorwaardes. Dit is!

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge