... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Party Dinge Kan Jy Seker Van Wees, Ander . . .

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Prediker 11:3,4 As die wolke vol water is, reën hulle leeg op die aarde; of 'n boom nou suid of noord val, dit bly lê waar dit geval het. Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie.

Listen to the radio broadcast of

Party Dinge Kan Jy Seker Van Wees, Ander . . .


Download audio file

Een van die moeilikste dinge, is sekerlik om in geloof op te tree wanneer dinge rondom ons onseker is. Ja, dis swaar om ons tyd, ons energie en ons hulpbronne in goeie werke te belê, wanneer die uitkoms baie onseker lyk.

Daar is ‘n Engelse spreekwoord wat sê dat al waarvan ons seker kan wees, is dat ons eendag gaan sterf en nou belasting moet betaal. Alles anders is onseker. En soos ons gister gesien het, sal selfs die goeie dinge in ons lewens wat vandag rotsvas lyk en voel: ‘n huwelik, ‘n huis, alles eendag tot ‘n einde kom.

Miskien voel jy dat God jou op een of ander manier aanmoedig om ‘n opoffering te maak te midde van onsekerheid? Jy voel dalk dat die tydsberekening nie nou reg is om in hierdie of daardie goeie werk te belê nie. Die omstandighede lyk op die oomblik ver van ideaal af. Dink jy nou: “Miskien is dit beter om te wag, totdat die omstandighede beter is?”

Prediker 11:3,4 As die wolke vol water is, reën hulle leeg op die aarde; of ‘n boom nou suid of noord val, dit bly lê waar dit geval het. Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie.

Met ander woorde, wanneer God ons roep om in geloof op te tree, lyk die omstandighede nooit ideaal nie. Daar is altyd, ten minste vanuit ons eng wêreldse perspektief, ‘n element van onsekerheid. Maar weet jy, as ons wag totdat die omstandighede ideaal is, sal ons nooit sover kom om iets te doen nie.

Vertrou op God. Waag, ten spyte van jou omstandighede.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.