... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Politieke Korrektheid Oorboord

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 1:13 Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus.

Listen to the radio broadcast of

Politieke Korrektheid Oorboord


Download audio file

Dit is moeilik om nie tot die gevolgtrekking te kom dat politieke korrektheid die vlak van die absurde bereik het nie. Dit is iets wat ons vryheid van uitdrukking, ons vryheid van geloof, ons vryheid om ons Christelike geloof uit te leef, bedreig.

‘n Natuurlike reaksie is om laer om ons geloof te trek en ons vryheid van uitdrukking te verdedig. Moet my nou nie verkeerd verstaan nie, die twee dinge lê my ook baie na aan die hart … maar wanneer die Christelike etiket vir ons ‘n lisensie word, glo ek opreg dat ons as Christene die kluts kwytgeraak het. Ons lees in:

1 Petrus 1:13 Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus.

Petrus het hierdie woorde aan van die vervolgde Christene, wat ontsettend gely het, geskryf. Hy het hulle nie opgeroep om met andersdenkendes te argumenteer nie, maar inteendeel, om hul voor te berei vir hul dienswerk, wat gekenmerk word deur selfbeheersing. Soos William M Comfort dit gestel het, is daar meer dikwels selfbeheersing nodig as selfhandhawing.

Moet Christene deel van die openbare debat wees? Moet ons help om besprekings te lei en die morele vesel van die samelewing op te bou? Absoluut! Maar ons belangrikste rol op hierdie aarde is nie om argumente te wen nie, maar om siele te wen. Dit is presies wat Petrus sê om die gelowiges voor te berei vir hulle dienswerk.

Moenie toelaat dat die Christelike etiket om jou nek die  hoofdoel kaap nie. Ons Koning regeer en ons het die reg om al ons hoop op sy genade te stel.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge