... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Praat!!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 31:8,9 Praat jý vir dié wat self nie hulle sê mag sê nie, kom op vir die reg van dié wat te gronde gaan; praat, en lewer regverdige uitsprake, laat reg geskied aan die armes en ellendiges.

Listen to the radio broadcast of

Praat!!


Download audio file

In enige samelewing, in enige gemeenskap, is daar wenners en daar is verloorders. En wanneer jy gelukkig genoeg is om een van die wenners te wees, is die neiging om al hoe minder besorg te wees oor die lot van die verloorders.

Ek verstaan dat daar verskillende sienings oor die COVID-inenting is. Daar was oor die afgelope nege maande of so, ‘n wedloop vir nasies om in te ent, om sterftes te verminder en terug te keer na ‘n mate van normaliteit.

Die ryker nasies het baie goed gevaar, met hoë inenting syfers en ‘n dalende dodetal. Hulle kon bekostig om groot hoeveelhede entstof op te koop toe pryse hoog was, en die wedloop te wen.

En as jy, soos ek, in een van die ryk lande woon waar ons weer ons vryhede geniet, is dit ou nuus. Maar as jy in Sirië, of in dele van Afrika en in ander ontwikkelende lande woon, sê die kenners dat dit waarskynlik tot 2030 sal duur om dieselfde vlakke van dekking te bereik.

Dit is ongelykheid op ‘n makro skaal. Maar ongelykheid vind ook op ‘n plaaslike mikrovlak plaas.

Spreuke 31:8,9 Praat jý vir dié wat self nie hulle sê mag sê nie, kom op vir die reg van dié wat te gronde gaan; praat, en lewer regverdige uitsprake, laat reg geskied aan die armes en ellendiges.

My vriend as jy toevallig een van die wenners is met ander woorde kos op jou tafel het, ‘n dak oor jou kop en boonop ‘n sagte bed het om in te slaap – kwalifiseer dit jou as ‘n wenner. Maar moenie diegene rondom jou, wat verloor, vergeet nie.

Praat namens hulle. Help hulle wanneer hulle in die moeilikheid is. Staan op vir wat reg is. Beskerm die regte van die armes en diegene wat hulp nodig het.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to heavy rains that flooded our TV studio, there’s no video for today’s Fresh. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.