... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Selfs die Kleinste Ou Dingetjie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 19:21 Daar is baie planne in 'n mens se hart maar die raad van die Here –dít kom tot stand.(AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Selfs die Kleinste Ou Dingetjie


Download audio file

Dit is so irriterend wanneer jy ‘n goeie plan het oor hoe jou lewe moet verloop, en op die een of ander manier ontspoor daardie plan heeltemal. Waarom laat God dit toe? Waarmee is Hy besig?

Elkeen van ons kan ongetwyfeld terugdink aan ‘n oënskynlik nietige besluit, wat die gang van ons lewens verander het.

Ek onthou dat ek eendag, toe ek nog net ‘n paar maande lank ‘n Christen was, uit die kerk gestap het, en op die ingewing van die oomblik, ‘n brosjure van ‘n plaaslike Bybelkollege opgetel het. En dit was terwyl ek aan dié kollege studeer het, dat ek met die bediening van Christianityworks in aanraking gekom het. Deesdae kan ek die liefde van God elke week met miljoene mense oor die hele wêreld deel en dit alles, net omdat ek ingedagte ‘n brosjure opgetel het.

Soms tree ons op asof ons in beheer is van ons eie lot. Asof ek, as ek ‘x’ en ‘y’ doen en hard werk, ‘z’ sal bereik. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek glo in goeie beplanning en harde werk.

Maar glo my, dit is al te maklik om dinge uit perspektief te ruk. En vir my is die verhaal van daardie brosjure ‘n kragtige getuienis. In

Spreuke 19:21 staan: Daar is baie planne in ‘n mens se hart maar die raad van die Here – dít kom tot stand.(AFR20)

Dit is natuurlik dat ‘n mens vir jouself ‘n beeld van jou lewensloop voorstel. Maar weet jy, dit is God self wat die roete vir ons bepaal, want dit gaan vir Hom daaroor dat sy doelwitte met ons bereik word.

Moet dus nie die volgende keer, as daar ‘n onverwagte kinkel in jou lewenspad is, verbaas wees nie. Moet ook nie teleurgesteld voel nie, want God is besig om sy magtige planne en doelwitte ín en deur jou te laat gebeur.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge