... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Sien Die Volle Prentjie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Prediker 11:5,6 Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van 'n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles. Saai jou saad in die môre, gaan in die laatmiddag daarmee voort. Jy weet nie watter van die twee sal 'n oes lewer nie en of altwee ewe goed sal wees nie.

Listen to the radio broadcast of

Sien Die Volle Prentjie


Download audio file

Miskien het God jou geroep om namens Hom die een of ander goeie ding te doen? Miskien is dit om ‘n finansiële bydrae te lewer, of om tyd en energie in iets of iemand te belê? Wat dit ook al is, dit behels altyd ‘n opoffering.

Dis hoe dit werk wanneer jy Jesus wil volg. Jy weet vooraf dat dit altyd iets van jou sal vra om oor Hom en van sy liefde teenoor ander te getuig. En dit is wat dinge so moeilik maak. Dit is wat ons onseker maak, wat ons laat huiwer, wat daartoe lei dat baie mense handdoek ingooi voordat hulle begin.

Dis daardie vooraf koste-berekening. . .Jy moet in die geloof optree en jou belegging in gevaar stel, sonder die sekerheid van ‘n meetbare, positiewe resultaat. Jy vra jouself af of die waarskynlikheid van ‘n positiewe uitkoms die risiko regverdig? Maar in werklikheid is dit heeltemal die verkeerde vraag. Omdat dit nie God se teenwoordigheid en deelname aan dit, waarvoor Hy jou geroep het, in ag neem nie.

Prediker 11:5,6 Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van ‘n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles. Saai jou saad in die môre, gaan in die laatmiddag daarmee voort. Jy weet nie watter van die twee sal ‘n oes lewer nie en of altwee ewe goed sal wees nie.

Ek is mal daaroor om vroeg op te staan om te begin plant en om nie voor dit aand is, op te hou nie. Met ander woorde, my vriend, hou op uitstel. Gooi jou volle gewig in die taak waartoe God jou ook al geroep het. Pak dit met durf en krag aan; met entoesiasme en toewyding.

Want as Hy jou geroep het om iets te doen, dan is Hy saam met jou daarin betrokke. En Hy is die een wat alles sal laat gebeur. Staan terug. Kyk na die volle prentjie, reken op God en slaan jou hand aan die ploeg!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.