... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Totale Onreg

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 27:20-22 Die leierpriesters en die familiehoofde het die skare egter oorreed dat hulle op Barabbas moes aandring, en dat hulle Jesus moes laat doodmaak. Die prokurator het hulle weer gevra: “Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle vrylaat?” Hulle het geroep: “Barabbas!” Pilatus vra hulle toe: “Wat moet ek dan maak met Jesus wat as Christus bekend staan?” Hulle roep toe almal uit: “Laat Hy gekruisig word!” (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Totale Onreg


Download audio file

Christene praat graag oor die goeie nuus van Jesus Christus. Dis graaf! Maar waarom word dit as goeie nuus beskou? Waarom sou enigeen van ons hoegenaamd kennis neem van nog ‘n weergawe van die Paas-ritueel?

Misdaadsepies op televisie is etlike jare lank al baie populêr. Dit bevredig nie slegs ons behoefte aan opwinding en intrige nie, maar ek dink ook, ons sin vir regverdigheid. Die slegte man word gevang, gevonnis en geregtigheid geskied.

Ek het egter onlangs na ‘n episode gekyk waar die slegte ou weggekom het. Dis verkeerd! Geregtigheid moes geskied het om die episode in ‘n mooi, netjiese strikkie toe te bind.

Ons haat onreg, maar eintlik gaan Paasfees oor onreg. Die historiese verslag toon dat Pontius Pilatus, die destydse Romeinse goewerneur in Jerusalem, besluit het dat daar absoluut geen rede is om Jesus skuldig te bevind nie, en wát nog van om Hom tereg te stel! Ons lees in:

Matteus 27:20-22 Die leierpriesters en die familiehoofde het die skare egter oorreed dat hulle op Barabbas moes aandring, en dat hulle Jesus moes laat doodmaak. Die prokurator het hulle weer gevra: “Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle vrylaat?”

Hulle het geroep: “Barabbas!”

Pilatus vra hulle toe: “Wat moet ek dan maak met Jesus wat as Christus bekend staan?” Hulle roep toe almal uit: “Laat Hy gekruisig word!” (AFR20)

Die gepeupel het die oorhand gekry. Jesus is na ses onregverdige verhore in minder as sewentien uur, waarvan een van die verhore deur ‘n woedende skare was, geslaan, gespoeg en gekruisig.

Dit was so onregverdig, so onregverdig. Maar vreemd genoeg het God daardie onreg gebruik om aan sy standaard van geregtigheid te voldoen, sodat ek en jy, soos die skuldige Barabbas, vry kan leef.

Paasfees is so onregverdig. God noem dit genade.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.



We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge