... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Waarom God ons soms Aanstoot Gee

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 24:45-48 Daarna het Hy vir hulle gesê: “Toe Ek nog saam met julle was, het Ek aan julle verduidelik dat alles wat in die wet van Moses en in die profete en die psalms oor My geskryf is, vervul moet word.” Toe het Hy hulle verstand geopen om die Skrifte te verstaan. Daarop het Hy gesê: “Só staan dit opgeteken: ‘Die Messias moet ly en op die derde dag opstaan uit die dood.’ op grond van sy Naam moet bekering tot vergifnis van sondes aan al die nasies verkondig word. Julle moet by Jerusalem begin en van hierdie dinge getuig. “En kyk, Ek sal die belofte van my Vader aan julle stuur. Julle moet in die stad bly totdat julle van God af met krag bemagtig is.” NLV)

Listen to the radio broadcast of

Waarom God ons soms Aanstoot Gee


Download audio file

Een van die sleutel strategieë van diegene wat die Christendom teëstaan, is om wanneer ons praat oor die dinge van God praat, hulle ons monde wil snoer. Hulle maak ons stil en laat ons verstaan dat ons hulle aanstoot gee oor dit wat ons sê.

Hulle probeer met ons koppe smokkel deur ons te vra of God dan nie die God van liefde is nie? En liefde beteken tog aanvaarding? Liefde beteken tog verdraagsaamheid? Liefde beteken insluiting, diversiteit en al daardie ander woorde wat hulle deesdae so graag gebruik.

Maar liefde beteken ook om die waarheid te praat. My ouers was lief vir my, en tog het hulle nie my slegte gedrag aanvaar nie. Hulle het nie my verkeerd houdings verdra of my rebellie oorgesien nie. Dis ook maar goed, nè! Maar steeds kies die wêreld om aanstoot te neem wanneer daar van die Evangelie gepraat word. Die vraag is, hoekom? Charles Spurgeon verduidelik: “Christus maak mense kwaad, omdat sy Evangelie nie sonde verdra nie.”

Dit is die onverdraagsaamheid van Jesus teenoor sonde, wat van Jesus ‘n struikelblok vir hulle maak.

Lukas 24:44-49 Daarna het Hy vir hulle gesê: “Toe Ek nog saam met julle was, het Ek aan julle verduidelik dat alles wat in die wet van Moses en in die profete en die psalms oor My geskryf is, vervul moet word.” Toe het Hy hulle verstand geopen om die Skrifte te verstaan. Daarop het Hy gesê: “Só staan dit opgeteken: ‘Die Messias moet ly en op die derde dag opstaan uit die dood.’ Op grond van sy Naam moet bekering tot vergifnis van sondes aan al die nasies verkondig word. Julle moet by Jerusalem begin en van hierdie dinge getuig. “En kyk, Ek sal die belofte van my Vader aan julle stuur. Julle moet in die stad bly totdat julle van God af met krag bemagtig is.” (NLV) 

Het jy verstaan wat Jesus daar gesê het? Bekering en vergewing van sondes moet in sy Naam aan alle nasies verkondig word. Daar is geen vergifnis, sonder bekering nie. Die Evangelie is inderdaad onverdraagsaam teenoor sonde. Dit is wat ek en jy geroep is om te verkondig.

Moet dus nie verbaas wees as mense aanstoot neem nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.