... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wees Dapper

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 4:1-4 Ek wil jou dus ernstig aanspoor voor God en voor Christus Jesus, wat die lewendes en dooies gaan oordeel wanneer Hy verskyn om sy koningsheerskappy te vestig: Verkondig die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, aanspreek en bemoedig terwyl jy hulle geduldig onderrig. Want daar kom ’n tyd wanneer mense nie meer na gesonde onderrig sal luister nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en leermeesters soek wat net verkondig wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid verwerp en vreemde mites navolg.

Dankie tog dat ons nie almal leraars is nie. Kan jy jou net die situasie indink? Almal praat, niemand luister nie, dit sal absoluut verskriklik wees. En tog, op een of ander manier, is elkeen van ons wat in Jesus glo, tog ‘n leraar.

Soos ons gister gesien het, word die waarheid van God se Woord, van sy liefde, van sy voorskrifte, van sy genade en barmhartigheid, vandag erger as ooit, aangeval.

Christelike idees word van die tafel gevee, want dit pas nie by die sekulêre storie-plan nie. Dit lyk mos asof elkeen sy eie agenda het; hierdie een het ‘n kruiwa om te stoot, daardie een het ‘n storie om met jou kop te smokkel en so het elkeen iets anders. En weet jy, te midde van al die geskarrel is dit vir iemand wat met sy hele hart in Jesus glo, partykeer maklik om toe te laat dat die Evangelie van Christus stilgemaak word.

Maar jy weet, en ek weet, dat die waarheid mense laat floreer. God se waarheid maak mense vry. Nou ja, wat is die antwoord? Kom kyk vandag, na wat Paulus oor hierdie einste onderwerp, aan Timoteus skryf in:

2 Timoteus 4:1 tot 4 Ek wil jou dus ernstig aanspoor voor God en voor Christus Jesus, wat die lewendes en dooies gaan oordeel wanneer Hy verskyn om sy koningsheerskappy te vestig: Verkondig die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, aanspreek en bemoedig terwyl jy hulle geduldig onderrig. Want daar kom ’n tyd wanneer mense nie meer na gesonde onderrig sal luister nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en leermeesters soek wat net verkondig wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid verwerp en vreemde mites navolg.

Dit klink nogal bekend, nie waar nie? Nou ja, wat is die antwoord? Die antwoord is om dapper te wees. Die antwoord is, om deur ons lewens, en deur ons keuses, die Woord te verkondig of die tyd daarvoor geleë is of nie.

Bly by die waarheid. Leer dit. Wees onverskrokke.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.