... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe om God Te Eer

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 6:19,20 Of verstaan julle nie dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen ’n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Hoe om God Te Eer


Download audio file

Mense doen deesdae ‘n paar vreemde goed met hulle lywe. Hulle deurboor dit op baie vreemde plekke, laat hulle tatoeëer, tooi hulself op, pronk met hulle lywe en gee hulle oor aan onsedelikheid. Nouja wat is die storie hier?

Wel, jy kan dalk vir my sê, Berni wag net ‘n oomblik. Ek het tattoos. Sê jy dit is verkeerd? Ek het gate in my ore, en neus, en mond, is dit verkeerd? Ek hou daarvan om op my beste te lyk, dit kan sekerlik nie verkeerd wees nie? Ek het ‘n prominente prediker, nadat sy ‘n ontrimpelingsoperasie gehad het, hoor sê dit is my liggaam, ek kan daarmee doen wat ek wil.

Maar hier is my vraag. As jy ‘n Christen is, as jy Jesus passievol wil volg … is dit regtig jou eie liggaam?

1 Korintiërs 6:19,20 Of verstaan julle nie dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen ’n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik. (NLV)

Die apostel Paulus het dit aan die Korintiese kerk geskryf om hulle oor hulle seksuele onsedelikheid te vermaan. Wat was sy argument? Jy besit nie jou liggaam nie, want as jy besluit het om Jesus te volg; as jy sy gratis gawe van barmhartigheid en genade; van vergifnis en die ewige lewe aanvaar het, dan is jy teen ‘n baie groot prys uit jou slawerny van sonde gekoop. Ja, die prys was die dood van Jesus, die Seun van God, wat aan die Kruis moes sterf.

My doelwit is nie om iemand vir daardie tatoeëermerk, of gaatjies, of wat ook al, te veroordeel nie. My punt is dit: dink mooi wanneer jy besluit wat jy aan jou liggaam doen. Onthou, dit is nie jou eie nie. Jy is duur gekoop, verheerlik daarom vir God met jou liggaam.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.