... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ek Is, is die Magtigste

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 9:33-35 Toe hulle daarna in Kapernaum by die huis kom, het Hy vir hulle gevra,

Listen to the radio broadcast of

Ek Is, is die Magtigste


Download audio file

God se wysheid en die wysheid van die wêreld, staan lynreg teenoor mekaar. Dit verskil soos dag by nag. Maar elke keer as jy ‘n bietjie dieper delf, sien jy dat God se wysheid, wat aanvanklik vir jou anders-wêrelds lyk, kop-en-skouers bo alles uittroon.

As ons realisties wil wees, weet ons dat die politiek ‘n vuil spel is. Jy kry mense wat mekaar swartsmeer net om self in die kalklig te kom, om in beheer te wees, om te wen. Ek veralgemeen ‘n bietjie, maar die meeste mense wil tog wen, ongeag die prys wat hulle daarvoor moet betaal.

Net solank ek en jy nie so is nie. Nie waar nie?

Jesus het na sy dissipels geluister terwyl hulle langs die pad stap en stry oor watter een van hulle die belangrikste is. Dis natuurlik ‘n eeu-oue probleem. Kan jy vir ‘n oomblik dink hoe vreemd dit is dat die dissipels hieroor moet stry? Dit is hoe dit gebeur het.

Markus 9:33-35 Toe hulle daarna in Kapernaum by die huis kom, het Hy vir hulle gevra: “Waaroor het julle langs die pad geloop en praat?” Hulle het egter niks geantwoord nie, want hulle het langs die pad met mekaar gestry oor wie van hulle die belangrikste is. Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”

Dink ‘n bietjie aan die belangrikste mense in jou lewe. Hulle het almal een ding in gemeen. Hulle is die mense wat jou die meeste ondersteun het. Hulle het jou gehelp en liefgehad en jou vasgehou, selfs toe jy dit nie verdien het nie.

Nou kan jy ook dien, want diensbaarheid is iets, wat stil, maar wesenlik in jou hart groei vir die mense rondom jou. Terwyl jy hulle dien, word jy die minste … vir hulle.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.