... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Sy Beloftes is Waar

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 18:31 God se pad is volmaak. Die Here se woorde is betroubaar. Hy beskerm dié wat by Hom skuil. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Sy Beloftes is Waar


Download audio file

Ek wil jou vandag ‘n baie belangrike vraag vra: Dink jy God kan vertrou word? Hy maak immers nogal baie beloftes in sy Woord. Party van sy beloftes lyk eerlikwaar verregaande in ons moderne haastige, deurmekaar lewe. Kan hierdie beloftes; kan Hy, vertrou word?

Op byna elke gebied van die lewe is daar ‘n teorie en daar is ‘n praktyk. Jy kan die teorie bestudeer totdat die perde horings kry en tog help dit jou nie altyd daar buite in die hitte van die stryd nie.

Tydens my militêre loopbaan het ons dikwels skynaanvalle op ‘n denkbeeldige vyand uitgevoer. Dit was alles goed en wel, aangesien ons nie lewendige ammunisie in ons gewere gehad het nie.

Ek onthou hoe ek destyds gedink het, hoe dit sou gevoel het indien dit die ware Jakob was? Indien ons in ‘n ware oorlogsituasie gewikkel was. Hoe sou dit gewees het indien daar regte koeëls by ons koppe verby gezoem het? Hoe sou dit gevoel het as ek moes sien hoe my makker, wat net ‘n paar meter van my af staan, in die nek getref word? Sal die teorie in die praktyk werk? Ja, net so is God se dikwels verregaande beloftes nie vir ons ‘n werklikheid nie, totdat dit in die hitte van die stryd beproef en getoets word.

Koning Dawid van Israel het Psalm 18 as ‘n lofsang aan God geskryf op die dag toe die Here hom uit die hand van al sy vyande, veral van Saul, wat hom wou vermoor, verlos het.

Psalm 18:30 God se pad is volmaak. Die Here se woorde is betroubaar. Hy beskerm dié wat by Hom skuil. (NLV)

Dawid het geweet waarvan hy praat. Dit is die woorde van iemand wat eerstehands, te midde van ‘n oorlewingstryd, die beloftes van God getoets het. Ja, dit is ‘n voldonge feit dat God ons soms na gevaarlike plekke lei. Maar sy woorde is betroubaar. Die Here se beloftes is altyd waar. Hy beskerm diegene wat op Hom vertrou.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.