... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Onaanvaarbare Konsep

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 10:9 As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

Listen to the radio broadcast of

‘n Onaanvaarbare Konsep


Download audio file

Dit maak nie saak onder watter regeringstelsel jy toevallig leef nie, maar ons het almal vandag die begeerte om vry te wees en om selfbeskikking te ervaar. Ja, ons hou nie daarvan om deur ander mense gesê te word wat om te doen en wat om nie te doen nie.

Ek is doodseker daardie begeerte na vryheid is ‘n ingebore menslike eienskap. Die idee om iemand oor jou te laat heers, is vir die meeste mense ‘n onaanvaarbare konsep. En tog sê God se Woord in:

Romeine 10:9 As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

En natuurlik gaan dit nie daaroor om slegs te sê “Jesus is die Here nie”; dit gaan daaroor om dit diep in jou hart te glo; om Hom as jou Leier te aanvaar; om jou lewe daaruit te leef omdat dit waar is. Dit gaan daaroor om ‘n diep, blywende verbintenis tot die heerskappy van Christus in jou lewe te hê; om sy volkome gesag oor jou lewe te omhels.

Dis geen wonder dat diegene wat nie in Jesus glo nie, en ongelukkig ook baie mense wat wel in Hom glo, die moontlikheid om Hom heerskappy oor hul lewens te gee, afstootlik vind. Maar die groot paradoks is dat wanneer ons Hom wel aanvaar as die absolute Heerser oor ons lewens, dan en eers dan, word ons waarlik vry. Dan en eers dan, word ons gered van die sonde wat ons lewens geteister het, wat ons beroof het van die vryheid waarna ons nog altyd gesmag het.

Mag ek jou vra, in watter mate het jy die heerskappy van Christus oor jou lewe aanvaar? Ja, daar is baie mense wat glo, maar bitter min wat hulle werklik aan Christus se heerskappy onderwerp. Baie bely dat hulle Christene is, maar weier om God se Woord as die waarheid te aanvaar en dit te gehoorsaam.

As (en net as) jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.