... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Trots is Vernietigend

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 2:3,4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Trots is Vernietigend


Download audio file

Sê my, geniet jy dit om saam met ‘n trotse persoon te woon of te werk, of om deur ‘n paar van hulle omring te word? Dit is nie baie pret nie, is dit?

Een van die mees vernietigende van alle denkwyses is beslis een wat gewortel is in trots, want vir die trotse persoon gaan alles oor hulleself. Hulle is die middelpunt van die heelal – hoe húlle voel, wat húlle wil hê en wat die mense van húlle dink.

Dit lei daartoe dat hulle verblind word vir die behoeftes, die gevoelens, die vermoëns en die bydraes van ander. Hulle sal jou vertrap om húlle doel te bereik. Hulle sal jou ignoreer, jou verraai en saamsweer teen jou, om hulself, in hul eie oë en in die oë van ander, belangrik te laat lyk.

God weerstaan altyd die hoogmoediges en betoon genade aan die nederiges. Kyk wat staan in die Bybel oor trots:

Filippense 2:3,4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. (NLV)

Voorwaar wyse raad. Ons moet ons trots oorwin as ons Jesus wil volg, want Hy het, alhoewel Hy die Seun van God was, Homself tot in die dood, ja, die dood aan die kruis, verneder.

Maar dit is ook ‘n heilsame les oor die keuse van mense wat ons kies om onsself mee te omring. Soos iemand eenkeer gesê het, wees versigtig wie jy op jou skip laat klim, want sommige mense sal die hele skip laat sink, net omdat hulle nie die kaptein kan wees nie.

Wie is die mense met wie jy jouself omring? Moet hulle hoegenaamd op jou skip wees?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.