... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Straf God Ons Steeds?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Openbaring 3:19,20 Ek berispe en straf almal wat Ek liefhet. Kry lewe en kom tot inkeer! Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As jy my stem herken en die deur oopmaak, sal Ek na jou toe ingaan en ons sal die feesete saam geniet.

Listen to the radio broadcast of

Straf God Ons Steeds?


Download audio file

Straf God sy kinders? Haal Hy sy groot kosmiese liniaal uit en klits jou oor jou kneukels wanneer jy iets verkeerd gedoen het, as jy weet dit was verkeerd?

Dit is ‘n goeie vraag om te vra en ‘n baie goeie een om te beantwoord, want in hierdie wêreld van oorsaak en gevolg verwag mense baie dikwels dat hulle gestraf moet word.

Maar hier is die ding. As jy glo dat Jesus aan die Kruis gesterf het om die prys vir jou sonde te betaal, dan weet jy dat Hy vir eens en altyd jou straf op Homself geneem het. Dit sal dus nie sin maak dat God jou weer daarvoor straf nie, of hoe? Jesus sê dan self in:

Openbaring 3:19,20 Ek berispe en straf almal wat Ek liefhet. Kry lewe en kom tot inkeer! Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As jy my stem herken en die deur oopmaak, sal Ek na jou toe ingaan en ons sal die feesete saam geniet.

Straf God ons nog? Nee. Bestraf en dissiplineer Hy ons uit sy groot liefde? Absoluut. Hoekom? Om ons te leer, om ons te herstel en om in gemeenskap met ons te verkeer.

Daar is ‘n groot verskil tussen dissipline en straf. Bekroonde skrywer L.R. Knost het dit so verduidelik: Dissipline is om ’n kind te help om ’n probleem op te los. Straf laat ’n kind ly omdat hy ’n probleem het. Jesus fokus op die oplossing, nie op die probleem nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.