... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe om Sterk Te Wees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 30:15-17 So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê. Maar dit wou julle nie; julle het gesê: “Nee, ons sal op perde wegjaag, ons sal vinnige perde ry. ”Dan sál julle vlug, maar julle agtervolgers sal vinniger wees. Duisend van julle sal vlug as één julle bedreig, en as vyf julle bedreig, sal julle aanhou vlug totdat die paar wat van julle oorbly, soos 'n eensame vlagpaal op 'n berg, soos 'n enkele vaandel op 'n heuwel sal wees.

Listen to the radio broadcast of

Hoe om Sterk Te Wees


Download audio file

Hier is nou vir jou ‘n ware paradoks: wanneer ons op ons swakste voel, het ons krag die nodigste. Dit is wanneer dit lyk of ons krag ons verlaat het, dat dit ons grootste behoefte word.

Wanneer dinge goed gaan, voel ons nie dat ons meer krag nodig het as wat ons reeds het nie. Hoekom sou ons nou krag kortkom? Maar dit is presies waar ons in ‘n valse gevoel van sekuriteit ingesuig word, want wanneer ons halsoorkop in ‘n uitdagende situasie instorm, verdamp daardie selfvertroue wat ons net ‘n oomblik gelede gehad het, soos mis voor die môreson.

Watter keuse gaan ons nou maak? Nou hoe dink jy? Ons kan ons óf na God wend om ons deur daardie situasie te help, óf ons kan op menslike krag staatmaak. En, kom ons kyk hoe noodsaaklik dit is om in daardie situasie die regte keuse te maak.

Jesaja 30:15-17 So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê. Maar dit wou julle nie; julle het gesê: “Nee, ons sal op perde wegjaag, ons sal vinnige perde ry. ”Dan sál julle vlug, maar julle agtervolgers sal vinniger wees. Duisend van julle sal vlug as één julle bedreig, en as vyf julle bedreig, sal julle aanhou vlug totdat die paar wat van julle oorbly, soos ‘n eensame vlagpaal op ‘n berg, soos ‘n enkele vaandel op ‘n heuwel sal wees.

Die kontras tussen die uitkomste van die keuses is hemelsbreed. Besluit op wie jy gaan vertrou – op God, óf op menslike krag. Daar is net een manier om sterk te bly – julle krag lê in stil wees en vertroue hê. Dis reg: Gaan na God, bly kalm en vertrou op Hom.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.