... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Satan se Aanklag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Job 1:10-12 U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. U maak alles wat hy doen, voorspoedig. Selfs sy vee teel vinnig aan. Maar raak nou net aan sy besittings en kyk of hy U nie in u gesig vervloek nie. ”Toe sê die Here vir die Satan: “Alles wat hy het, gee Ek in jou mag oor. Net aan hom self mag jy nie raak nie.” Die Satan het daarna van die Here af weggegaan.

Listen to the radio broadcast of

Satan se Aanklag


Download audio file

Daar word in die Bybel na Satan as ‘n bedrieër en ‘n aanklaer verwys. Maar het jy al ooit daaraan gedink dat hy selfs vir God van iets beskuldig het? Wel, dit is presies wat hy tydens Job se lewe gedoen het!

Nouja, waarvan het Satan vir God beskuldig? Hier staan dit in Job1, waar Satan met God praat:

Job 1:10-12 U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. U maak alles wat hy doen, voorspoedig. Selfs sy vee teel vinnig aan. Maar raak nou net aan sy besittings en kyk of hy U nie in u gesig vervloek nie. ”Toe sê die Here vir die Satan: “Alles wat hy het, gee Ek in jou mag oor. Net aan hom self mag jy nie raak nie.” Die Satan het daarna van die Here af weggegaan.

Waarvan het Satan vir God beskuldig? Dat Hy Job beskerm en hom seën; dat Hy hom suksesvol maak in alles wat hy doen. Trouens, hy beskuldig letterlik vir God daarvan dat Hy ‘n  ondeurdringbare heining van beskerming rondom Job geplaas het.

Ek dink altyd dat wanneer ons ‘n skrifgedeelte gelees het, die belangrikste vraag om aan onsself te stel, is: Wat sê dit vir my van God? Hier sê dit, dat God ‘n God is wat ons beskerm. Om die waarheid te sê, ons het gister al gesien hoe God se Engele gestuur word om mense, wat Hom dien, te beskerm. 

Reg genoeg; elke nou en dan sal God daardie beskerming onttrek om ons geloof te toets, soos wat Hy hier met Job gedoen het. Maar onthou jy hoe Jesus sy dissipels geleer het om te bid? Help ons om nooit te swig voor versoekings nie, en pas ons op wanneer die duiwel ons wil verlei om verkeerde dinge te doen. (DB) 

Dis iets wat ek elke dag bid. Nie dat God my sterk genoeg sal maak om die duiwel te verslaan nie, maar dat God my teen hom sal beskerm.

Mag God jou beskerm en seën.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.