... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hy het dit Vir Jou Gedoen

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 3:18 Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie. Ook Christus het só gely toe Hy eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. Hy het nooit enige sonde gedoen nie; tog het Hy vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom. Wat sy liggaam betref, het Hy gesterf, maar wat sy gees betref, is Hy lewend gemaak. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Hy het dit Vir Jou Gedoen


Download audio file

Wel, hier is ons. Dis die dag wat ons “Goeie Vrydag,” noem. Ja, dis die dag waarop daardie verskriklike, ondenkbare daad plaasgevind het, sodat, die grootste liefdesdaad vir jou en my kon afspeel.

Ons het in hierdie dae voor Goeie Vrydag in ons VARS-boodskappe gefokus op ons eie ontoereikendheid, ons sonde. Ons het gepraat oor ons opstand teen God en hoe ons Jesus, wat sy uiterste, sy alles, vir ons gegee het, gereeld faal.

Dit klink alles nogal depressief, nie waar nie? Dit is omdat dit is. Dis verskriklik! Die pikswart duisternis van die bose wat uit ons binneste opkom, die stank van ons sonde in die neusgate van God is so verskriklik, dat dit ‘n ontsaglike groot oplossing vereis het.

1 Petrus 3:18 Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie. Ook Christus het só gely toe Hy eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. Hy het nooit enige sonde gedoen nie; tog het Hy vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom. Wat sy liggaam betref, het Hy gesterf, maar wat sy gees betref, is Hy lewend gemaak. (NLV)

Die Een wat niks geskuld het nie, het ‘n verskriklike dood gesterf om ‘n skuld te betaal wat ons nooit kon bekostig om te betaal nie. Die onreg daarvan is totaal en al asemrowend – maar dit wys jou hoe groot God se liefde vir jou en vir my is. Jesus was nie skuldig nie, maar Hy het gesterf vir almal wat skuldig is.

En terwyl Hy daar leweloos aan die Kruis gehang het, was die Gees van God aan die werk. Soos jou sonde en myne saam met Hom gekruisig is, was God gereed om iets nuuts te doen – om ons in die Gees weer lewend te maak. Dit is Paasfees.

En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.