... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hanteer Kritiek Korrek

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 15: 32,33 Wie goedbedoelde raad ignoreer, doen skade aan homself. Iemand wat hom laat reghelp, ontwikkel sy insig. Om respek vir die Here te hê, leer ’n mens wysheid. Nederigheid kom eerste, daarna volg eer. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Hanteer Kritiek Korrek


Download audio file

Veerkragtigheid is iets wat ons by ons kinders moet inskerp om hulle voor te berei vir ‘n lewe wat volop uitdagings bied. Maar hoe veerkragtig is ons? Hoe goed hanteer ons byvoorbeeld kritiek?

In ‘n 2019 artikel van die Harvard Business Review, het Joseph Grenny, ‘n sosiaal-wetenskaplike en skrywer van topverkopers, die volgende geskryf: Selfs wanneer kritiek op ‘n positiewe wyse gelewer word – iets wat deesdae op die internet maar bra skaars is – kan dit die mens se uiters belangrike behoefte aan veiligheid en eiewaarde bedreig. Jy moet kritiek op ‘n veerkragtige wyse benader om die gevoel van ontoereikendheid en die drang tot selfverdediging te verhoed. Jy moet jouself losmaak van dit wat gesê word.

En dit is ‘n tameletjie, nè? Selfs nuttige kritiek tas ons tot in die kern van ons wese aan. Selfs goedbedoelde kritiek ontwrig ons emosies en ons neig om onsself te probeer verdedig. En so verbeur ons die groot voordeel; die belangrike lewensles wat gesonde kritiek kan inhou.

Spreuke 15: 32,33 Wie goedbedoelde raad ignoreer, doen skade aan homself. Iemand wat hom laat reghelp, ontwikkel sy insig. Om respek vir die Here te hê, leer ’n mens wysheid. Nederigheid kom eerste, daarna volg eer. (NLV)

Dit is redelik eenvoudig, nie waar nie? Om wys te wees, moet ons leer om kritiek te aanvaar. Ons moet die emosies wat kritiek veroorsaak uit die pad kry en eerlik en openlik evalueer of die kritiek geldig is. As dit is; moet ons vreesloos en onwrikbaar iets daaraan doen. As ons dit nie doen nie, is óns diegene wat daaronder gaan ly. 

Luister na kritiek – ontvang dit en tree daarvolgens op – en jy sal insig kry. Jy sal uiteindelik onder die wyses gereken word.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.