... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Maklik Mislei

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 6:17 … Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.

Listen to the radio broadcast of

Maklik Mislei


Download audio file

Ek wil jou vandag met ‘n interessante idee konfronteer en vra wat jy dink. Hier is dit: Enige Christen wat nie besef dat hy op ‘n geestelike slagveld lewe nie, mislei homself.

Nouja, wat het jy gedink? Het jy saamgestem of gedink: “Nee wat, dis mal, dis die gevaarlike fundamentaliste wat dit glo.” Goed. Dis jou volle reg om so te dink. Maar wat is die realiteit? Ons weet dat die hele Evangelie op twee beginsels berus: Jy moet met jou hele hart vir God liefhê en vir jou naaste net soveel omgee soos vir jouself.

Dit klink redelik eenvoudig … maar in ‘n wêreld waar gevoelens toenemend waardes troef, word dit al hoe moeiliker om daardie twee eenvoudige beginsels uit te leef. Om God lief te hê en om mense lief te hê … glo my, dis harde werk. Dit behels opoffering. En so baie mense, wat hulself as Christene beskou, het hul liefde vir God en hul naaste vir ‘n lewe van gerief en selfsug verruil.

Ek het onlangs iemand hoor sê dat die gemiddelde kerkganger maklik verlei word deur enigiets wat as “Christelik” bestempel word, omdat hulle nie God se Woord self bestudeer nie. Dit veroorsaak dat hulle maklik om die bos gelei word. Jy sien dit deesdae nogal dikwels gebeur.

Vergifnis, vriendelikheid, opoffering, eer en vrygewigheid … dit is verdwynende waardes, nie net in die breë samelewing nie, maar ongelukkig ook binne die kerk. Maar hoe kan ons terugkeer na wat dit werklik beteken om Jesus te volg …

Efesiërs 6:17 …  Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.

Jy kan die versekering hê dat jy in Christus vergewe, gered en geroep is om in alle ewigheid in sy Teenwoordigheid te leef. Maak seker dat jy die Woord van God eerstehands ken, sodat jy nie mislei word nie en dat jy ‘n lewe met liefde vir Hom en jou naaste kan lei.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.