... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Gesiglose Busbestuurder

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 5:27 Daarna het Jesus uitgegaan en 'n tollenaar met die naam Levi by sy tolhuis sien sit, en Hy sê vir hom: “Volg My.”.

Listen to the radio broadcast of

Die Gesiglose Busbestuurder


Download audio file

Hoe meer tegnologies gesofistikeerd ons raak, hoe meer wil dit lyk, asof mense vir ons onbelangrik word. Of dit nou die skandeerders in die supermark is, die smousoutomaat, of outomatiese tellermasjiene … dit lyk asof mense nie meer relevant is nie. Ek maak dikwels gebruik van openbare vervoer. Ek ry graag bus, aangesien die bushalte naby my huis is en die rit slegs tien minute stad-toe neem. Deesdae skandeer jy jou buskaartjie by ‘n digitale kaartmasjien, stap niks siende verby die bestuurder in sy blou uniform – ignoreer hom basies – en gaan sit. So word die busbestuurder gesigloos – ‘n blou uniform agter ‘n stuurwiel. Hy kon netsowel ‘n masjien gewees het! Maar nou die dag ry ek verby die plaaslike busdepot en daar sien ek ‘n bestuurder in sy blou uniform na die depot hardloop, blykbaar laat vir sy skof. En meteens het daardie busbestuurder vir my soos ‘n regte mens gelyk. Dit is ontstellend hoe ons deesdae mense ignoreer of sommer onpersoonlik behandel, sonder dat dit ons pla. Toe tref dit my. Ek het die vier historiese verhale van Jesus se lewe al etlike kere gelees. Matteus, Markus, Lukas en Johannes. En jy weet, Jesus het mense nooit so behandel nie. Nie een keer nie. Lukas 5:27 Daarna het Jesus uitgegaan en ‘n tollenaar met die naam Levi by sy tolhuis sien sit, en Hy sê vir hom: “Volg My.”. Levi was ‘n tollenaar, verag deur die Jode. Hy was as ‘n vyand gesien; en die gewone Jode sou waarskynlik met ‘n snedige opmerking verbygeloop het, maar Jesus het gestop, met hom gepraat, hom geroep en Levi het hom gevolg. Wie is die mense in jou lewe by jy maklik verby gaan? Mense is mense! Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge