... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Struikelblokke Kom Verseker

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 17:1 Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is.

Listen to the radio broadcast of

Struikelblokke Kom Verseker


Download audio file

Versoeking is nie ‘n onderwerp waaroor ons graag praat nie, want in die geheim is ons bang dat dit net ons is wat dit ervaar. Hoekom het ek hierdie slegte gedagtes? Hoekom ervaar ek hierdie verkeerde begeertes?

Kom ons kyk na ‘n scenario: jy het sopas, terwyl jy by die kerk instap, ‘n verpletterende versoeking ervaar; jy kyk dadelik rond en voel so skuldig omdat dit lyk asof al die ander gemeentelede daar sit asof botter nie in hul mond kan smelt nie. Hulle lyk so normaal!

En so stook Satan daardie vuur in jou, met die leuen dat dit net jy is wat so sleg is. Jy is swak. Jy is nie goed genoeg nie. Dit is waarom jy in die versoeking gekom het! Jy is ‘n bedrieër, jy’s glad nie ‘n Christen nie. Jy hoort nie hier tussen hierdie heiliges nie!

Ons moet daardie leuens eens en vir altyd hanteer. Trouens, kom ons laat Jesus toe om hulle te hanteer, want …

Lukas 17:1 Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel.

Kom ons fokus vir die oomblik op die eerste gedeelte; ons sal môre die tweede helfte behandel. Wat het Jesus gesê? Het ek Hom reg gehoor? Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel.

Dit klink vir my na ‘n rotsvaste waarborg, direk uit Jesus se eie mond. Trouens, hoe meer jy jou hart daarop instel om jou lewe vir Hom te leef, hoe meer gaan die duiwel jou versoek.

Versoeking self is nie sonde nie. Almal wat jy ken wat Jesus liefhet, word net soos jy versoek. Ja, jy weet tog dat Jesus, net soos jy, self ook versoek was. Moet dus nie toelaat dat die duiwel jou met sy leuens mislei nie. Want die waarheid is dat versoekings verseker kom – dis gewaarborg!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.