... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Gevaar van Godsdienstigheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 5 :16-18 Daarna het die Jode begin kyk of hulle Jesus nie in die moeilikheid kon bring nie, want hulle was baie ontevrede omdat Hy hierdie tipe ding op die sabbat gedoen het. Jesus het Homself verdedig: “My Vader werk reg deur tot nou toe, sabbat of nie. Net so werk Ek ook.” (DB)

Listen to the radio broadcast of

Die Gevaar van Godsdienstigheid


Download audio file

Dit is regtig merkwaardig, hoe maklik dit is om God se barmhartigheid en genade – alles wat wonderlik is – te neem en dit in ‘n klomp reëls en wette te verander. Wat kry jy as jy dit doen? Godsdiens.

In sekere opsigte is dit verstaanbaar, want die Goeie Nuus van Jesus behels God se barmhartigheid en genade, maar dit vra ook ‘n reaksie van ons – aanvaarding deur geloof en bekering. En hoe meer vasbeslote ons is om weg te draai van ons sonde, hoe makliker trap ons in die strik om ‘n klomp reëls op te stel om ons op die pad te hou.

Hoe harder ons probeer, hoe meer misluk ons. Hoe meer ons misluk, hoe meer word ons op die wettiese pad van georganiseerde godsdiens gelei. Die logiese gevolgtrekking daarvan lyk soos volg:

Johannes 5:16-18 Daarna het die Jode begin kyk of hulle Jesus nie in die moeilikheid kon bring nie, want hulle was baie ontevrede omdat Hy hierdie tipe ding op die sabbat gedoen het. Jesus het Homself verdedig: “My Vader werk reg deur tot nou toe, sabbat of nie. Net so werk Ek ook.” (DB)

Jesus het ‘n verlamde man op die Sabbat genees, maar al wat die godsdiensleiers gedoen het, was om Hom aan te val. Hulle was woedend omdat Hy nie net besig was om die Sabbatswet te oortree nie, maar dat Hy het ook gelyke status met God geëis het.

Hierdie godsdienstige manne het Hom gehaat en besluit om Hom te vermoor. Is dit regtig logies? Hy het dan sopas iets goeds gedoen, Hy het ‘n man genees!

Bono, die wêreldbekende popster het op ‘n slag gesê: godsdiens is al wat oorbly, wanneer die Heilige Gees die gebou verlaat het! Moet asseblief nie God se genade in reëls en wette verander nie!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.