... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God se Meesterplan

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Genesis 2:24 Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word.

Listen to the radio broadcast of

God se Meesterplan


Download audio file

Ons is geneig om ons gesinne as vanselfsprekend te aanvaar. Die meeste van ons het as deel van ‘n gesin grootgeword. Baie van ons het al ons eie gesinne. Maar hierdie sogenaamde idee van “gesin” voldoen nie heeltemal aan ons verwagtinge nie, of hoe?

Die ideale gesin is ‘n gelukkige en liefdevolle man en vrou, die perfekte pa-en-ma-kombinasie, met ‘n klomp gelukkige, gesonde, goed aangepaste kinders. Dis die prentjie wat ons elkeen in ons koppe het. Vir baie gesinne, miskien selfs vir die meeste, verskil die werklikheid hemelsbreed.

Soveel mense, oud en jonk, is verwond deur hul gesinsverhoudings, of gebrek daaraan. Laat ons dus ‘n tree terug gee. God het die mensdom geskape, manlik en vroulik. Hy het ons geskep, sodat ons … ‘n gesin kan word.

Genesis 2:24 Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle sal een word.

Almal is natuurlik nie getroud nie … maar ons sal anderdag oor enkellopendes praat. Die meeste mense trou, maar hoe maklik is dit om van God se bloudruk te vergeet: dat ‘n man sy ouers sal verlaat en letterlik aan sy vrou verbind word. Hy verplaas dus sy lojaliteit van sy ouers na sy vrou. Die twee word een – fisies, emosioneel en geestelik. Hierdie man en hierdie vrou, twee aparte mense, word een. En net daar is die fondament van gesin en dan familie. Dit is God se plan; dis sy bloudruk.

Twee … word … een.

Nouja, as jy ‘n getroud is, kan ek jou vra … is jy en jou sielsgenoot een, of is julle nog twee? Wees eerlik. Want as julle steeds twee is … dan is jou gesin reeds besig om uitmekaar te skiet.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.