... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Straf Wat Jy Uitdeel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 6:37 Hou op om ander te oordeel, en julle sal nie geoordeel word nie. Hou op om ander te kritiseer, en julle sal nie gekritiseer word nie. As julle ander vergewe, sal julle vergewe word. (NLV).

Listen to the radio broadcast of

Die Straf Wat Jy Uitdeel


Download audio file

Hoe reageer jy op mense wat die verkeerde dinge doen? Hoe hanteer jy diegene wat jou seermaak; diegene wat nie van jou hou nie; diegene wat jou op een of ander manier verkleineer? Sê my, hoe reageer jy?

Hoe reageer ons gewoonlik? Ons wil hulle straf. Klink dit ‘n bietjie konfronterend? Trap ek nou op jou tone? Wag ‘n bietjie! Iemand het jou die harnas ingejaag en dadelik is jy reg om met hom af te reken. Afhangende van of jy ‘n sagter, vriendeliker persoon, of ‘n meer konfronterende een is, sal jy óf die seer diep in jou binneste voel en uit die situasie onttrek, óf sommer lus voel om hom met die vuis by te kom.

Hoe jy ook al reageer, diep binne-in jou sal jy hom veroordeel en op een of ander manier dink aan ‘n plan om hom te straf. Miskien sal jy net heeltemal onttrek? Of miskien sal jy aanhou om nare dinge oor hom te dink? Of miskien sal jy hom dwarsboom? Of miskien sal jy sy naam swartsmeer en vir ander teen hom waarsku, en sê dat hy nie vertrou kan word nie.

Daar is ‘n magdom verskillende opsies vir jou beskikbaar, maar watter een jy ook al kies, dit behels vergelding, en jy gee hom, volgens jou, net wat hy verdien! Tensy … wel, hier is wat Jesus hieroor sê:

Lukas 6:37 Hou op om ander te oordeel, en julle sal nie geoordeel word nie. Hou op om ander te kritiseer, en julle sal nie gekritiseer word nie. As julle ander vergewe, sal julle vergewe word. (NLV).

Miskien is dit vir jou ‘n bekende Skrifgedeelte, maar hoe gereeld pas jy dit toe op die mense wat jou seergemaak het, wat jou sleg behandel het? Jesus praat vandag baie duidelik met ons elkeen oor ons verhouding met daardie mense.

Moet hulle nie oordeel nie, moenie hulle veroordeel nie, maar vergewe hulle. Dit hou gevolge in vir ons almal; nie net in terme van ons verhouding met daardie mense nie, nie net in terme van ons eie welstand nie, maar in terme van hoe God óns sal behandel. Leer om te vergewe.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.