... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Versekering van Verlossing

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 5:24 “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.

Listen to the radio broadcast of

Die Versekering van Verlossing


Download audio file

Baie mense verstaan die enigste vereiste vir toegang tot die ewige lewe heeltemal verkeerd. Sommige sê, ek is nie so ‘n slegte mens nie. Ek behoort reg te wees. Terwyl ander wonder, sal ek uiteindelik goed genoeg wees?

Wel, is jy goed genoeg? Ek is nie; en wat meer is, ek sal nooit wees nie. Nouja, ek is nie so ‘n slegte mens nie. Ek het tot dusver ‘n redelik ordentlike lewe gelei en dieselfde is waarskynlik van jou ook waar. Maar nie een van ons het ‘n lewe geleef wat goed genoeg vir God is nie. Ons het almal gesondig en skiet tekort aan sy heerlikheid. Sy standaard is absolute volmaaktheid.

En dis hoekom Jesus vir jou en vir my na hierdie aarde gekom het; om aan die Kruis te sterf om die prys wat God se geregtigheid vir ons sonde eis, te betaal. Hy het weer opgestaan om ons die gawe van ‘n nuwe lewe hier op aarde en die ewige lewe in sy Teenwoordigheid te gee.

Hoe ontvang ons hierdie sekerheid van die ewige lewe? Deur harder te werk? Deur ‘n goeie mens te wees? Nee, my vriend, hier is die antwoord in Jesus se eie woorde:

Johannes 5:24 “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.

Ons ontvang die ewige lewe bloot deur in Jesus te glo. Deur geloof in die prys wat Hy aan die Kruis betaal het; deur geloof in die feit dat ons skuld en die oordeel wat óns verdien, op Hom geval het. Ons het die ewige lewe deur geloof in die Seun van God.

Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.

Deur geloof.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.