... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wees Vrygewig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 6:38 As julle gee, sal julle ontvang. Julle gawe sal na julle terugkom in volle maat, ingestamp, geskud om plek vir meer te maak, tot oorlopens toe vol. Met watter maat julle ook al meet – klein of groot – dit sal gebruik word om te meet wat julle sal terugontvang.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Wees Vrygewig


Download audio file

Gee jy om as ek jou ‘n ietwat ongemaklike vraag vra? Hoe vrygewig is jy? Wat is jou eerste reaksie wanneer jy iemand in nood sien?

Vrygewigheid kom in baie verskillende vorms voor. Jy kan vrygewig wees met jou lof, jou vriendelikheid, jou begrip, jou tyd en ja, natuurlik, met jou hulpbronne.

Dit is so maklik om suinig te wees te midde van die besige lewens wat ons lei; veral wanneer ons onder druk voel en self uitgehonger is vir ander mense se aanvaarding. En sodoende, beland ons meer en meer, in ‘n afwaartse spiraal waar elke seën wat ons gedink het ons het, in die niet verdwyn.

As jy jouself ooit in daardie plek bevind het, of as jy in ‘n oomblik van eerlike oorweging erken dat jy inderdaad ‘n bietjie suinig geword het, mag Jesus se woorde jou bemoedig:

Lukas 6:38 As julle gee, sal julle ontvang. Julle gawe sal na julle terugkom in volle maat, ingestamp, geskud om plek vir meer te maak, tot oorlopens toe vol. Met watter maat julle ook al meet – klein of groot – dit sal gebruik word om te meet wat julle sal terugontvang.” (NLV)

Ek is nie seker dat ons dit as ‘n belofte moet lees nie, maar eerder as ‘n eenvoudige feit. Dit is maar hoe dinge werk. Wie, in jou sfeer van invloed, het nou ‘n onselfsugtige aksie van jou nodig? ‘n Woord van bemoediging, ‘n klein bietjie vriendelikheid en, ja, selfs hulp op ‘n praktiese vlak?

Die manier waarop jy aan ander gee, is die manier waarop God vir jou sal gee. Wees vrygewig.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.