... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ken ‘n Boom aan sy Vrugte

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 7: 16-18 Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry 'n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels? Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar 'n slegte boom dra slegte vrugte. 'n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom nie goeie vrugte nie.

Listen to the radio broadcast of

Ken ‘n Boom aan sy Vrugte


Download audio file

Grief dit jou nie as iemand voorgee dat hy iets is, maar inderwaarheid is hy iets heeltemal anders? As jy vertrou dat hy is, wie hy voorgee om te wees, maar nie is nie, gaan jy waarskynlik teleurgestel word en seerkry.

Het jy al ooit ‘n pruim van ‘n suurlemoenboom gepluk, of ‘n appel van ‘n doringbos? Sekerlik nie! In werklikheid ken jy net ‘n boom aan sy vrugte. Dit is slegs ‘n appelboom, as dit appels produseer. Doringbosse, ken ons aan hulle dorings.

Dieselfde geld ook vir mense.

Matteus 7: 16-18:  Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry ‘n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels? Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte. ‘n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom nie goeie vrugte nie.

Jy kan nie mense op hul baadjie takseer nie. Ons is almal al geflous deur mense wat so oulik voorgekom het toe ons hulle die eerste keer ontmoet het, net om te ontdek dat hulle nie is wie of wat hulle voorgegee het om te wees nie. Hoe kan jy voorkom om weer in dieselfde strik te beland? Deur na die vrugte te kyk; na hul reputasie. Die dinge wat in hul gedrag na vore kom, goed of sleg.

As iemand gekenmerk word deur konflik en twis, weet ons watter soort persoon hulle is. As iemand sê dat hulle ‘n kundige in ‘n sekere veld is, maar nog nooit iets op daardie gebied bereik het nie, dan lieg hulle. Aan die ander kant, as iemand altyd ander mense help, weet ons watter soort persoon hulle is.

Goeie bome lewer altyd goeie vrugte. Slegte bome lewer altyd slegte vrugte. Dit is nooit andersom nie. Nooit nie!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.