... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Iets Interessant

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 17:17 Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid.

Listen to the radio broadcast of

Iets Interessant


Download audio file

Elke Woord van Jesus is so propvol betekenis en krag dat ek en jy behoorlik aan sy lippe kan hang. En die spesifieke woorde van Jesus wat ek vandag met jou wil deel, is net absoluut tjokkeblok vol betekenis.

Ek weet nie hoe jou verhouding met Jesus vandag lyk nie. Miskien glo jy dat Hy die Seun van God is, wat gesterf het om vir jou sonde te betaal, miskien nie. Of dalk het jy eens op ‘n tyd geglo, maar nou gaan jy net aan met die lewe. Of dalk beskou jy jouself as een van sy dissipels en is jou hart daarop ingestel om Hom te dien.

Ek weet nie, maar jy weet waar jy staan, en jy kan seker wees dat Jesus dit weet. O, en daar is nog iemand wat weet waar jy staan – Satan self, want sy doel is om jou te mislei, jou verder en verder van Jesus af weg te lei. Hy gebruik nie blatante, openlike leuens, soos wat ons as mense sou gebruik nie, maar baie meer subtiele, halwe waarhede. Jy is immers tog nie ‘n slegte mens nie. Jy leef ‘n baie goeie lewe. Jy hoef nie nou fanaties te raak oor hierdie hele Jesus-ding nie, hoef jy? Ag nee wat, dis nie nodig nie, gaan net soos gewoonlik aan, en jy sal reg wees!

In sy laaste gebed voor Hy gekruisig is, het Jesus begin bid vir mense soos ek en jy:

Johannes 17:17 Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid.

Die waarheid, die hele waarheid en niks anders as die waarheid nie. God se lering, God se Lewende Woord. En die waarheid is dat sy Woord ten doel het om ons te verander. Sy Woord is daar om ons lewens op ‘n ander koers te plaas. Sy Woord is daar om ons gereed te maak, nie vir die afgesaagde lewe wat ons tot nou toe aan gewoond was nie, maar vir diens in sy naam. Dis die waarheid.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.