... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Nuwe Mens

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.

Listen to the radio broadcast of

‘n Nuwe Mens


Download audio file

Hoe ouer ons word, hoe meer kan dit voel asof ons onder die bagasie van die verlede gebuk gaan. En hoe langer ons die bagasie saam met ons dra, hoe swaarder word dit … totdat ons op ‘n punt kom, waar ons net tou opgooi.

Het jy geweet dat jou bloedstroom elke drie maande heeltemal hernu word? Elke twaalf maande word elke sel in jou liggaam vervang met ‘n nuwe een. En elke agtien tot vier-en-twintig maande word jou hele beenstruktuur hernu? Dis ongelooflik!

Dit wil voorkom asof God se werkswyse is om voortdurend alles te vernuwe. Om die oue te vervang met die nuwe. Dink net, ongeveer elke twee jaar is die persoon wat nou in die spieël na jou kyk, heeltemal ‘n nuwe skepping.

Dit is verstommend dat mense ál die moeite doen om beter te lyk en beter te voel. Hulle gebruik selfs operasies daarvoor, maar ons word buitendien elke klompie maande, heeltemal hernu.

Ja, die liggaam verouder en uiteindelik sterf ons almal. Maar God het hierdie wonderlike skeppings, dis nou vir jou en vir my, gevorm, en spesifiek ontwerp om voortdurend hernu te word. Nie dis nie slegs jou liggaam nie, maar ook jou siel en gees wat die gawe van vernuwing besit.

Die apostel Paulus het dit lank gelede geskryf in:

2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.

En weet jy – dit is presies wat gebeur wanneer jy in ‘n verhouding met Jesus tree. Wat ook al die dinge in jou verlede is waaroor jy spyt is, wat ook al die seer is wat jy saam met jou dra, dit word net so relevant soos die dooie vel-selle wat elke minuut van die dag van jou liggaam afval.

Glo jy in Jesus? Dan is jy ‘n nuwe skepping. Die verlede is irrelevant. Alles is nuut. Dít is nou goeie nuus. Dít is waar jou nuwe lewe begin. Hier en nou.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge