... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Vreemde Ding om te Doen

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 1:18,19 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.”

Listen to the radio broadcast of

‘n Vreemde Ding om te Doen


Download audio file

In ‘n wêreld wat deur die wen-motief oorheers word, klink die stelling: ‘om te misluk kan ‘n goeie ding wees,’ belaglik. En tog, deur die geskiedenis van die mensdom, het mislukkings karakters geslyp, nasies verander, en dit het nog baie, baie meer goeie gevolge gehad.

Die meeste lande ter wêreld het jaarliks een nasionale dag op hul kalender om die een of ander oorwinning te vier. Amerika vier Onafhanklikheidsdag. Die Britte vier Wapenstilstandsdag.

Maar op ‘n spesiale dag, elke jaar, doen die Nieu-Seelanders en die Australiërs iets vreemds. Terwyl ander hul oorwinnings vier, herdenk hulle ‘n verskriklike nederlaag. Hulle herdenk hoe hul tydens die Eerste Wêreld Oorlog in Turkye op die Gallipoli-skiereiland 36.000 mense verloor het. Wat ‘n vreemde ding om te doen!

En tog spreek hierdie verskriklike verlies kragtig tot die geboorte van twee nasionale identiteite. Christene doen eintlik ook ‘n vreemde ding. Hulle vier ook ‘n vreeslike verlies, die dood van Jesus aan die Kruis.

1 Korintiërs 1:18,19 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.”

Dit is dwaas om ‘n verlies te vier. Maar, net soos die verskriklike verlies van Gallipoli die karakter van twee nasies gesmee het, so het die kruisiging van Jesus ontelbare siele gered en hulle in ‘n ewigheid met Hom ingelei.

Ek weet nie hoe jy voel oor Jesus se offer aan die Kruis ter wille van jou nie. Maar jou geloof in sy offer ontsluit die krag wat jou nuwe lewe gee. Dit is die krag wat jou siel red. Dit is ‘n nederlaag . . . wat jou die oorwinning gee, tot in alle ewigheid. Jesus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.