... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Nie in die Wind, Aardbewing, of Vuur nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Konings 19:11,12 Maar die Here sê vir hom: “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar 'n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte.

Listen to the radio broadcast of

Nie in die Wind, Aardbewing, of Vuur nie


Download audio file

Daar is ‘n groot behoefte onder sommige van God se mense, om Hom te hoor praat. Hulle is nie tevrede met kennis oor God nie. Nee, hulle wil God self beter leer ken. Nou-ja, hier is ‘n vraag wat baie gelowiges so effens ongemaklik laat voel. Hoe hoor jy God? Hoe sê Hy vir jou wat sy wil vir jou lewe is? Soms hoor jy iemand sê: ‘God het vir my dit gesê’, of ‘God het dat vir my gesê.’ Goed, maar hoe het Hy dit of dat vir hulle gesê? Op watter manier het hulle gehoor dat Hy met hulle praat? Ek dink soms verwag ons dat God op ‘n groot, flitsende, kragtige manier sal verskyn. En Hy doen dit soms, as dit Hy wil. Maar die meeste kere is glad nie so nie. Die meeste kere is regtig baie anders. Kyk hoe praat die Here met Elia. Ons lees in: 1 Konings 19:11,12 “Kom uit, en gaan staan op die berg voor My, die Here, Ek wil verbygaan.” Skielik was daar ‘n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het voor die Here. Maar in die wind was die Here nie. Na die wind was daar ‘n aardbewing. Maar in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar ‘n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar ‘n fluistering in die windstilte. Is dit nie ‘n wonderlike prentjie wat God daar vir ons skilder nie? Hy praat nie deur die sterk die wind, wat die berge uitmekaar skeur, nie. Nie deur die aardbewing nie. Nie deur die vuur nie. Maar in ‘n stil, sagte stem. Vandag, waar ons 24/7 met die wêreld in verbinding kan wees; waar ons soveel opsies het, soveel dinge het om ons aandag af te trek, moet ons baie stil raak as ons die stil, sagte stem van God wil hoor. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge