... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gewete

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 30:21 Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.”

Listen to the radio broadcast of

Gewete


Download audio file

Dikwels, wanneer een van God se kinders onseker voel, vra hul hulself: “Watter rigting wil God hê moet ek inslaan?” Hulle voel effe ongemaklik oor hul besluit, maar hulle ignoreer dit, want dis seker net hulle gewete. Het jy al ooit so gevoel?. Die die mantra van ons tyd is: As jy lus voel om iets te doen, doen dit!. Maar jy weet, ons wil so graag doen wat al die ander mense doen, want dit klink so goed. Maar al wil ons hoe graag saam met die stroom gaan, weet ons êrens, diep binne-in ons harte, dat ons dit nie behoort te doen nie. Hulle sê jou gewete is die klein krapperigheid in jou, wat seermaak wanneer jy eintlik goed voel. Hoekom is dit? As jy regtig ontstaan ​​het uit die oer-slym van ‘n saamgeflansde versameling lewende stowwe; wat is die rol van jou gewete dan? Daar is natuurlik die moontlikheid dat God die Skepping deurgekyk en gesê het: Dit is tyd om die mens na ons beeld te maak – man en vrou het Hy hulle geskape. As jy dit glo, begin die belangrikheid van die gewete skielik sin maak. Want dan kry jou gewete ‘n nuwe betekenis, omdat jy verstaan dat die gevoel van reg en verkeerd deur God daar geplaas is. En dit is die sleutel, want jou gewete is een manier waarop God met jou praat. Hoe werk dit? Jesaja 30:21 Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ‘n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.” Verstaan jy nou? Jou gewete is daardie stil, sagte stem wat met jou praat. Die stem wat diep in ons harte vir ons wys watter keuse ons moet maak. Moet dus nie dink dat jou gewete nie die vermoë het om God se stem te hoor nie. Want as God so met jou praat, sal Hy vir jou die regte pad wys. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge