... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘Oh My God’ (OMG)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 22:2 My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep?

Listen to the radio broadcast of

‘Oh My God’ (OMG)


Download audio file

Die vierde van die tien gebooie is maklik verstaanbaar.  Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie. En tog sien ek dit oor en oor gebeur, selfs onder Gelowiges. Hoekom is dit?   Realiteits-TV bly om een of ander rede steeds op die lug. Hoekom? Want mense kyk daarna.   Het jy al ooit een van daardie voorkoms-opkikker-programme gekyk? Een waar hulle die eienaar op ‘n vals voorwendsel vir ‘n tyd lank wegneem, en vir ‘n kamer of tuin of selfs ‘n hele huis ‘n nuwe voorkoms skep. En dan bring hulle die eienaar terug, met al die kolligte en kameras op hulle gerig, om hul reaksie vas te lê.   En wat sê hulle nege uit die tien keer? Oh my God, Oh my God, Oh my God. Alles vir ‘n kamer, of selfs ‘n tuin of ‘n huis!   En my hart breek as ek na hulle kyk en dink: “As jy maar net geweet het wat jy sê. As jy maar net geweet het dat dit die Naam van God en die woorde van Jesus is, wanneer jy dit sê.” Ons lees in:   Psalm 22:2 My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep?   Dit was ook hierdie woorde wat Jesus uitgeroep het toe Hy aan die kruis gehang het en vir jou en my gely en gesterf het.   My God, my God, waarom het U my verlaat?   En wanneer ek en jy hierdie woorde van God lukraak uitroep, raak dit Hom diep en intens, omdat Hy ons innig lief het.   O my God.   Dit is kosbare woorde. Eer God en respekteer sy Naam.   Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge