... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Om Mens te Wees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 15:1 'n Sagte antwoord laat woede bedaar; 'n krenkende woord laat woede ontvlam.

Listen to the radio broadcast of

Om Mens te Wees


Download audio file

Vertel my, waar het jy die wysheid gekry wat jy vandag het? Waar kom dit vandaan? Is daar leemtes in jou wysheid? Is daar blinde kolle met ongewensde gevolge wat voortdurend by jou spook? Vir baie jare het ek  gedink: “Weet jy, my skooljare in die onderwysstelsel het my baie geleer. Maar dit het my nooit geleer hoe om ‘n effektiewe mens te wees nie.” Dis eintlik blote geluk as jy leer hoe om menswaardig op te tree. Wie ons vandag is, ek en jy, hang volkome af van hoe goed ons ouers en onderwysers daarin geslaag het om goeie waardes aan ons oor te dra; goeie oortuigings, goeie sedes, goeie gedrag. Ek was regtig verras toe ek die Bybel begin lees. Regtig! Ek het gedink dit moet ‘n droë, godsdienstige handboek wees. Wat ek nie verwag het om daarin te vind nie, was verhale en wysheid en dinge wat my gehelp het om ‘n baie beter “ek” te wees. Net een voorbeeld:   Ek het in Spreuke 15:1 geleer: ‘n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede ontvlam. Dit is briljant. Absoluut briljant. Dink net, as elkeen van ons net geleer het om daardie een stukkie goddelike wysheid te midde van konflik uit te leef, hoe anders sou ons wêreld nie gewees het nie! Daardie twaalf woorde kon lewens verander en inderdaad die verloop van die wêreldgeskiedenis! Daardie twaalf woorde kan ‘n omwenteling in jou verhoudings veroorsaak en selfs voorkom dat oorlog uitbreek. Maar dit is nie net woorde nie. Dit is God se woorde. Geïnspireer deur die Heilige Gees … daarom het hulle soveel krag. Dis die einste soort krag wat ek en jy nodig het om dié soort mens te wees waarvoor God ons bestem het. Die lewe is nie maklik nie … jy moet jouself afvra, waarom probeer so baie van ons dit op ons eie doen? Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge