... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Onreg

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 27: 22 Pilatus sê vir hulle: “Wat moet ek dan doen met Jesus wat Christus genoem word?” “Kruisig hom!” skreeu hulle almal.

Listen to the radio broadcast of

Onreg


Download audio file

Kan ek jou vra: hoe relevant is die dood en opstanding van Jesus Christus in jou alledaagse lewe? Hoe dikwels vra jy jouself af wat dit vir jou beteken?

Misdaadreekse hou ons al vir jare lank voor die kassie vasgenael. Ek dink hulle bevredig ons begeerte na opwinding en intrige, en ek dink ook dat dit vir ons ‘n gevoel van geregtigheid gee. Ek moet sê dat ek dit nogal geniet, want die meeste van die tyd eindig hulle met die goeie ouens wat wen en die slegte ouens wat tronk toe gaan.

Maar ek moet ook sê ek hou glad nie daarvan wanneer ‘n episode, af en toe, eindig met die slegte ouens wat met hul misdaad wegkom nie. Al weet ek dis fiksie, is die onregverdigheid van so ‘n einde, iets wat my sin van reg en billikheid aantas. Ek is seker jy voel ook so.

Wanneer ons na die historiese verslag van Jesus se verhoor kyk, sien ons dat Pontius Pilatus, die Romeinse goewerneur in Jerusalem, besluit het dat daar absoluut geen rede was om Jesus tereg te stel nie.

Matteus 27: 22 Pilatus sê vir hulle: “Wat moet ek dan doen met Jesus wat Christus genoem word?” “Kruisig hom!” skreeu hulle almal.

Dis presies wat gebeur het. Die mense was dit eens: Barabbas,’n berugte gevangene, moet vrygelaat word en Jesus, die onskuldige Een, moet gekruisig word.  Die onreg daarvan maak ‘n mens woedend.

Die skare het die oorhand gekry. Jesus is geslaan, gespoeg, gespot en gekruisig. Dit was so onredelik. So onregverdig. Tog merkwaardig dat God sy Seun se dood moes gebruik om sy geregtigheid te laat seëvier – sodat ek en jy, soos Barabbas, vry kan wegstap.

Dit is so onregverdig. Dít word genade genoem.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge