... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vermy hierdie Slegte Gewoonte

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 10:23-25 Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het. Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.

Listen to the radio broadcast of

Vermy hierdie Slegte Gewoonte


Download audio file

Wanneer ons ons vertroue in onsself en in ons eie vermoëns stel, kan ons vinnig selfvoldaan raak. Maar wanneer jy jou vertroue in God plaas, dan is jy op die wenpad – ja, beslis! Jy kan nooit te veel vertroue in Hom hê nie.

Soos ons gister gesien het, kan ons vashou aan die belydenis van ons hoop op God, want … Hy is getrou; altyd getrou. Hy sal jou nooit, nooit in die steek laat nie. Dit is fantastiese nuus, veral wanneer jou geloof ‘n bietjie wankelrig voel.

Maar om dit op jou eie te doen; om jou vertroue in God in isolasie te behou, selfs vir die sterkstes en die vurigstes onder ons, kan ‘n opdraande stryd wees. Ons lees in:

Hebreërs 10: 24,25 Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het. Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.

Ons geloof, ons vertroue in God, is soos ‘n spier. Ons moet gereeld oefen om dit sterk te hou. Daarom is dit so ‘n wonderlike gewoonte om saam met medegelowiges tyd te deur te bring, mekaar lief te hê, mekaar te dien en gereeld saam te kuier.

Maar om dit te versuim, is die ergste gewoonte waarin jy moontlik kan verval, want God het ons gemaak om as broers en susters in Christus ‘n gesin te wees waar ons mekaar ondersteun, dien en bemoedig. Hierdeur bly jy sterk in jou geloof. Dit word “kerk” genoem – alhoewel daar baie verskillende modelle van saamwees as die liggaam van Christus bestaan.

Maar hoe jy ook al kies om “kerk” te bedryf … moenie van die samekomste af wegbly soos party se gewoonte is nie, moedig mekaar eerder aan om daarheen te gaan,

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.