... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Absoluut Onwankelbaar

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 12:26 b, 27-29 “Nog een keer sal Ek nie net die aarde laat bewe nie, maar ook die hemel.” Die “nog een keer” wys daarop dat die geskape dinge, wat reeds aan die wankel is, plek sal maak vir die onwankelbare, ewige dinge. Daarom moet ons wat bevoorreg is om hierdie onwankelbare koninkryk te ontvang, dankbaar wees, en ons dankbaarheid daarin laat blyk dat ons God gelukkig maak deur Hom met eerbied en ontsag te dien. Want daar staan ook: “Ons God is ’n verterende vuur.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Absoluut Onwankelbaar


Download audio file

Die onmenslik en wrede aanslag van hierdie wêreld teen die Christene duur al tweeduisend jaar lank. Maar dit het deesdae ‘n hoogtepunt bereik, aangesien meer Christene in die laaste honderd jaar gemartel is, as in die volle19 eeue voor dit tesame.

Die argumente wat die wêreld teen die Christelike geloof opper, kan so oortuigend lyk. Die argumente dek ‘n wye front onder andere: die slagveld van seksualiteit; die heiligheid van die lewens van jonk en oud en die eenvoudige argumente van ateïsme, wat almal as skietgoed teen ‘n hoogs onvolmaakte kerk gemik is. Ja, my vriend dit is beslis nie maklik om in die 21ste eeu ‘n nederige, Bybelgehoorsame Christen te wees nie! Miskien het jy dit ook al beleef?

Maar kom ons tree net vir ‘n oomblik terug en kry dinge in perspektief:

Hebreërs 12: 26-29 “…Nog een keer sal Ek nie net die aarde laat bewe nie, maar ook die hemel.” Die “nog een keer” wys daarop dat die geskape dinge, wat reeds aan die wankel is, plek sal maak vir die onwankelbare, ewige dinge. Daarom moet ons wat bevoorreg is om hierdie onwankelbare koninkryk te ontvang, dankbaar wees, en ons dankbaarheid daarin laat blyk dat ons God gelukkig maak deur Hom met eerbied en ontsag te dien. Want daar staan ook: “Ons God is ’n verterende vuur.” (NLV)

Elke vesting wat teen die koninkryk van God opgerig word, elke argument wat daarteen gemik word, sal eendag vernietig word. Trouens, alles wat geskep is, sal vernietig word en die een ding wat sal oorbly, is die volkome en totaal onwrikbare koninkryk van God.

Wel, te midde van hierdie stryd (wat, terloops deur Christus, alreeds oorwin is) is jou en my werk om nie bekommerd te wees nie; om nie terug te deins voor die aanslag nie en om nie hoop te verloor nie – maar om God te aanbid, Hom te eer en om Hom te vrees.

Skep dus moed. Die koninkryk van God kan nie wankel nie. Skep moed.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.