... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Hulpgeroep

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 61:2-5 Hoor tog my hulpgeroep, o God, slaan tog ag op my gebed. Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U. Bring my op 'n rots waar ek veilig sal wees. U is vir my 'n toevlug, 'n sterk vesting buite bereik van die vyand. Laat my by U 'n blywende tuiste vind. Laat my skuil onder u vleuels.

Listen to the radio broadcast of

‘n Hulpgeroep


Download audio file

Een van die take van enige ouer is om sy kinders te beskerm. En as ‘n eggenoot, pa en nou ook ‘n oupa, is dit ‘n taak wat ek baie ernstig opneem. Nouja, waarom twyfel ons dan dat God, ons Hemelse Vader, nie sy kinders ook sal wil beskerm nie?

Ons het nou die dag gesels oor die voorspoed en teëspoed van die lewe. Maar soms – hopelik nie te dikwels nie – ontwikkel die negatiewe ervarings tot groot krisisse. Hier is ‘n gebedsversoek wat ek nou die dag ontvang het:

Ek het opgehou werk omdat ek aan angs en depressie lei. Ek sukkel finansieel en alles wat ek doen, misluk. Ek kan nie eers in my kinders se behoeftes vir hulle skool se skryfbehoeftes, uniform en fooie voorsien nie.

Sulke situasies neem baie verskillende vorms en groottes aan. Kom ons kyk vandag ‘n bietjie meer indringend na hoe om oor probleme te dink en wat om te doen wanneer ons op moedverloor se vlakte sit.

Psalm 61:2-5 Hoor tog my hulpgeroep, o God, slaan tog ag op my gebed. Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U. Bring my op ‘n rots waar ek veilig sal wees. U is vir my ‘n toevlug, ‘n sterk vesting buite bereik van die vyand. Laat my by U ‘n blywende tuiste vind. Laat my skuil onder u vleuels.

Koning Dawid, die skrywer van die Psalm, was die grootste koning wat Israel ooit gehad het, totdat ‘n heel ander Koning, Jesus, ‘n duisend jaar later verskyn het. Tog roep hierdie groot krygsman-koning na God – kyk wat sê hy … . in wanhoop, roep ek na U. 

En my vriend, weet jy, as dit goed genoeg is vir ‘n dapper krygsman soos Dawid, is dit goed genoeg vir jou en my. Jou God is jou beskermer. Roep na Hom, want dit is ‘n taak wat Hy baie, baie ernstig opneem.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.