... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

As alles te veel raak!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 3:5,6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

Listen to the radio broadcast of

As alles te veel raak!


Download audio file

Ons wil dit nie erken nie, maar soms raak ons ​​omstandighede te veel vir ons; dit oorweldig ons tot op die punt waar niks wat ons probeer, niks wat kan ons doen, wil werk nie. Dis op hierdie desperate plek, waar ons ‘n nuwe benadering nodig het.

Die lewe raak soms bra ingewikkeld. Net die gewone alledaagse dinge – om kinders groot te maak, jou finansies te bestuur, jou verpligtinge na te kom – dit alles vra fyn voetwerk. Jy kan dit nie vryspring nie, dis nou maar wors! Waar jy ook al woon, wat jy ook al doen, wie jy ook al is, die druk en spanning en selfs die angs om in die maalkolk van die lewe te oorleef, laat jou soms neerslagtig voel. Wat is ons oplossing vir die probleem? Ons beraam plannetjies en probeer onsself beter organiseer.

Maar selfs dit is soms nie genoeg nie. Ons deurdink dinge tot ons flou is en dit lei ons tot op die punt van wanhoop, want selfs met al die beplanning, al die dinkery, kan ons nie lig sien nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek glo dat ek en jy verantwoordelikheid moet neem vir die dinge wat in ons lewens aangaan. Ons moet probeer om ons reg te ruk. Maar as dit nie genoeg is nie, lê die oplossing nie daarin om bekommerd te wees, en om in sirkels rond te hardloop nie. Wat is dit dan?

Spreuke 3: 5,6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. As dinge hand uitruk, moet ons ‘n ander benadering volg. Ons moet met ons hele hart op die Here vertrou en terselfdertyd ophou om aanhoudend in sirkels te dink. Ons moet ophou om op ons eie, beperkte, dikwels gebrekkige en onvoldoende begrip, te vertrou, en aanhou om God te eer in alles wat ons doen, want … Hy sal jou die regte pad laat loop.

Dit is die belofte. En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge