... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Kyk Op En Sien

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 3:20 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.

Listen to the radio broadcast of

Kyk Op En Sien


Download audio file

Sê my, wat is die dinge wat jy werklik geniet om te doen? Jou stokperdjies, jou tydverdrywe, die dinge wat jou vreugde verskaf? Dit is lekker om net aan hulle te dink, maar in watter mate het hulle slagysters geword?

Wel, dit klink nou ‘n bietjie negatief, of hoe? Hier voel ons sommer net lekker as ons dink aan die dinge wat ons graag doen, en … toe kom bederf ek alles met daardie ongerieflike vraag oor die goeie dinge in jou lewe wat jou wegtrek van die beste ding, die belangrikste ding, die een ding, wat aan die einde van jou lewe op hierdie aarde, die enigste ding sal wees wat saak maak.

Miskien dink jy, “Wag ‘n bietjie, het ons nie gister hieroor gepraat nie?” Ja ons het. Maar daar is meer. Daar is die realiteit dat die dinge wat onsigbaar is, baie belangriker en groter is as die dinge wat gesien kan word, want:

Filippense 3:20 … ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.

My vriend as jy in Jesus glo, dan is jy bloot ‘n indringer op hierdie aarde. Jou ware tuiste, net soos myne, is by Hom, en ons het die volste reg om met groot afwagting te wag vir die dag wanneer Hy óf terugkeer, óf wanneer ons huis toe gaan na Hom toe.

Hoe maklik is dit tog nie om so vasgevang te raak in die dinge van hierdie wêreld, met al die genot en druk, net om die belangrikste ding van alles te mis nie? Kyk op en sien!

Want ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.