... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Evangelie Kan Nie Stilgemaak word Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 2:3-6 Toe koning Herodes hiervan hoor, was hy, en die hele Jerusalem saam met hom, hewig ontsteld. Hy het toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar geroep en hulle uitgevra oor waar die Christus gebore sou word. Hulle het hom geantwoord: “In Betlehem in Judea, want so is dit deur 'n profeet geskrywe: “En jy, Betlehem, gebied van Juda, jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal 'n leier voortkom wat vir my volk Israel 'n herder sal wees.”

Listen to the radio broadcast of

Die Evangelie Kan Nie Stilgemaak word Nie


Download audio file

Daar is kragte in hierdie wêreld wat poog om die Evangelie – om die Goeie Nuus van Jesus – stil te maak en om God se mense die geleenthede te ontneem om oor God se liefde vir hierdie wêreld, te praat.

Satan self doen hom voor as ‘n engel van die lig. Daarom is dit ook nie snaaks dat sy dienaars hulle voordoen as mense wat die wil van God doen nie. Hulle harte is in werklikheid swarter as swart en wil, soos die satan self, mense van daardie ewigheid in die Teenwoordigheid van God, wegtrek.

Toemaar, ek is nie ‘n samesweringsteoretikus nie. Dit is presies wat in die Bybel staan. Dit het, duisende jare gelede alreeds begin toe koning Herodes probeer het om Jesus as ‘n baba dood te maak.

Matteus 2:3-6 Toe koning Herodes hiervan hoor, was hy, en die hele Jerusalem saam met hom, hewig ontsteld. Hy het toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar geroep en hulle uitgevra oor waar die Christus gebore sou word. Hulle het hom geantwoord: “In Betlehem in Judea, want so is dit deur ‘n profeet geskrywe: “En jy, Betlehem, gebied van Juda, jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal ‘n leier voortkom wat vir my volk Israel ‘n herder sal wees.”

Jy ken dalk die res van die storie, van hoe Herodes die wyse manne, wat Jesus kom aanbid het, probeer manipuleer het; en hoe Maria en Josef met Jesus na Egipte gevlug het, voordat Herodes al die Joodse seuntjies onder twee jaar oud vermoor het.

Daardie magte van die bose het van die begin af probeer om die Goeie Nuus van Jesus Christus stil te maak. Maar dit was tevergeefs. Want – en luister hierna – die Goeie Nuus van Jesus sal en kan nie stilgemaak word nie!

Al ervaar jy ook al baie teenstand, moenie bang wees om mense van die liefde van God in Jesus Christus, te vertel nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.