... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die God van Klein Dingetjies

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 30:24-28 Daar is vier goed in die wêreld wat klein is maar buitengewone wysheid het: miere is nie sterk nie en tog sit hulle in die somer vir hulle kos weg; dassies het nie veel krag nie en tog maak hulle hulle tuis teen die kranse; sprinkane het nie 'n koning nie en tog trek die hele swerm in formasie; 'n geitjie kan jy met die hand vang en tog kry jy hom in koninklike paleise.

Listen to the radio broadcast of

Die God van Klein Dingetjies


Download audio file

Laat ek jou vra: wat is die dinge in jóú lewe wat vir God belangrik is? As jy twee kolomme sou trek;  aan die linkerkant skryf jy die dinge wat vir God saak maak, en regs die dinge wat Hom nie interesseer nie, wat sou jy in elk skryf?

Die meeste van ons dink dat God slegs in groot dinge belangstel. Oorloë, politiek, godsdiens … maar die klein dingetjies, nee wat, Hy het nie tyd daarvoor nie.

‘n Paar jaar gelede beland ek en my vrou in Chicago se O’Hare Internasionale Lughawe, een van die besigstes ter wêreld. En ná ‘n lang vlug uit Australië, was haar tas soek. Ek moes onmiddellik nog ‘n vlug na Minneapolis neem, en daar sit sy toe stoksielalleen in ‘n hotel, sonder haar tas.

Toe ek die volgende dag weer op O’Hare land, het hulle nog nie haar tas gekry nie. Maar toe is dit my beurt. Nadat ek vir meer as ‘n uur angstig saam met al die ander passasiers gewag het vir my tas, word ons meegedeel dat ons hele vliegtuig se bagasie op die verkeerde vervoerband was. En hier kom dit! Ek het daarheen gehardloop en daar wás my tas saam met al die ander. Maar net toe ek buk om dit op te tel, sien ek op die vervoerband langsaan,  Jacqui se tas –  en dit op ‘n Vrydagmiddag in een van die besigste lughawens ter wêreld!

En mense dink dat God nie in die klein goedjies belangstel nie.

Spreuke 30:24-28 Daar is vier goed in die wêreld wat klein is maar buitengewone wysheid het: miere is nie sterk nie en tog sit hulle in die somer vir hulle kos weg; dassies het nie veel krag nie en tog maak hulle hulle tuis teen die kranse; sprinkane het nie ‘n koning nie en tog trek die hele swerm in formasie; ‘n geitjie kan jy met die hand vang en tog kry jy hom in koninklike paleise.

Hy mis niks!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.