... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Toevalligheid en Gebed

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 5:14 En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra.

Listen to the radio broadcast of

Toevalligheid en Gebed


Download audio file

Gebed is ‘n snaakse ding. Soms wend ons ons tot gebed as ‘n laaste uitweg. Maar sou dit nie beter wees, as dit ons eerste opsie was nie? Wat sal gebeur as ons meer en meer tot God bid? Vir die groot goed en ook vir die klein goedjies.

Het jy al ooit iemand hoor sê toe iets, heel toevallig gebeur het: “God het dit gedoen. God het vir my uit die penarie gehelp!” Intussen dink jy: “Wag ‘n oomblik, dit was net ‘n toeval.”

Ek het vroeër só gedink, totdat die een ding na die ander gebeur het en Jesus vir my ‘n werklikheid geword het. En hoewel ek ‘n rasionele, logiese mens is, wat dinge beplan en dit laat gebeur, besef ek dat ek gereeld besig is om God vir dinge te vra en dat dít gebeur. En glo my; ek praat nie van ‘net gebeur nie’, maar op ‘n wonderbaarlike manier gebeur.

Ek moet jou vertel van die tyd, baie jare gelede, toe ek platsak was en ons ‘n rommelverkoping by die kerk gehad het. Ek het die goed, wat ek gebring het, binne ‘n uur verkoop, terwyl niemand anders vir die res van die dag iets verkoop het nie!

Nou-ja, eenmaal is net ‘n toeval, maar ‘n rits toevalle; veral as dit is  waaroor jy gebid het, is baie moeiliker om weg te redeneer.

1 Johannes 5:14 En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra.

Iemand het onlangs vir my gesê dat toevallighede, die dinge is wat ophou gebeur, as jy ophou bid. God gaan nie rondspring vir al ons giere  nie. Hy is immers God. Maar soos enige betroubare pa, sal Hy inspring en help, en niks is te groot of te klein vir Hom nie.

As jy bid, hoor Hy jou.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.