... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Vryheid Paradoks

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Galasiërs 5:13 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.

Listen to the radio broadcast of

Die Vryheid Paradoks


Download audio file

Vryheid is iets waarna ons almal smag. Vryheid van dié dinge wat ons moedeloos maak; ons laste, ons verantwoordelikhede; en wat van moeilike verhoudings! Ja-nee, ons wil vry wees daarvan. En dit is glad nie snaaks nie. Ons wil vrygemaak word van daardie bagasie, sodat ons kan aangaan en die lewe geniet.

Vir iemand wat nog nooit genoeg besit het om kop bo water te hou nie, sou dit darem wonderlik wees om uiteindelik genoeg te kan hê. Vir iemand wat al jare lank in ‘n moeilike huwelik is, sal dit mos bevrydend wees om te kan aanbeweeg.

Ja, ek weet: God het ons geroep om vry te wees – maar die soort vryheid waarvan Hy praat, is dalk nie die soort waaraan ons gedink het nie.

Galasiërs 5:13 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.

Die vryheid waarvan God hier praat, is vryheid van bose begeertes; vryheid van sonde; vryheid van die gevolge van al ons oortredings. En, om die waarheid te sê, ons hunkering na al daardie ander vryhede waarvan ons vroeër gepraat het, kan ons daartoe lei om die verkeerde dinge te doen – om oneerlik op te tree; om daardie moeilike huweliksmaat te verlaat, om … wel, om baie dinge te doen.

Wanneer jy jou vertroue in Jesus plaas, is jy bevry van die laste van jou eie sonde. Dít is ware vryheid. Dié soort wat jou te midde van, en ten spyte van al die moeilikhede wat jou wil oorweldig, vrymaak …

Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.