... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gebraaide Knoffel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 36:7b-9 U sorg vir mens en dier, o Here. Hoe kosbaar is u trou, o God! U beskerm die mense wat by U skuil. In u huis geniet hulle oorvloed, U laat hulle drink uit die strome van u goedheid.

Listen to the radio broadcast of

Gebraaide Knoffel


Download audio file

Die eise wat God aan ons stel, is beslis uitdagend. Maar weet jy, om Jesus te volg, was nooit veronderstel om maklik te wees nie. En wat het ons gedoen? Ons het Hom geleidelik in ons boksie probeer inpas, ‘n meer gerieflike een. Ons het Hom só gering geag, sodat Hy op die ou end by óns lewenstyl sou inpas. Hoekom nie?! Ek onthou die heel eerste keer wat ek gebraaide knoffel geproe het. Dit was in Walnut Creek in Kalifornië. Tydens middagete saam met my sakevennoot, Chuck, het hy daarop aangedring dat ons as voorgereg, die restaurant se spesialiteitsdis, gebraaide knoffel, moet bestel. Dit was absoluut verstommend. ‘n Groot knoffelbol, in die helfte gesny, deurdrenk met olyfolie, gebraai in die oond met ‘n heerlike neutagtige geur. Heeltemal anders as enigiets wat ek al voorheen geproe het. Fantasties! Maar in die laaste tyd, was die enigste knoffel wat ek te kope kon kry, nare klein gebleikte bolletjies.  Dit word glo gebleik om dit mooi wit te laat lyk, maar die metode beroof dit van die geur en bederf die hele smaak. Snaaks, hoe ons so ‘n perfekte produk markgereed maak en mooi laat lyk, maar daardeur foeter ons dit heeltemal op.  In die proses het ons dit beroof van die ware potensiaal daarvan. En dit is grootliks wat baie mense met God gedoen het! Hulle het sy rol in hul lewens so klein en onbenullig gemaak, dat dit geen invloed op hulle het nie. Nee, laat ons wakkerskrik! Kyk wat skryf die psalmis in ‘n loflied aan God in: Psalm 36:7b-9 U sorg vir mens en dier, o Here. Hoe kosbaar is u trou, o God! U beskerm die mense wat by U skuil. In u huis geniet hulle oorvloed, U laat hulle drink uit die strome van u goedheid. Moenie God vir jou markgereed probeer maak nie! Moet Hom nie in ‘n boksie, wat jou gemaklik laat voel, probeer sit nie. As jy dít doen, sal jy al sy goedheid en seën misloop. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge