... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Is jy Ernstig?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Deuteronomium 10: 12,13 En nou, Israel, die Here jou God vra net dat jy Hom moet eer, sy wil moet gehoorsaam, Hom moet liefhê en dien met hart en siel. Gehoorsaam die gebooie en voorskrifte wat die Here jou vandag deur my gee. Dit sal tot jou voordeel wees.

Daar is ‘n pandemie in die Christendom, wat God se mense beroof van die seën wat God vir hulle het. Dit word bedrywigheid, of sommer net besig-wees, genoem. Ek wonder of jy al die siekte opgedoen het?

Die afgelope paar maande het ek twee Christelike leierskonferensies bygewoon. Elke konferensie het ‘n spesifieke fokus en tema gehad.

Aan die begin van elke dag het hulle ‘n kort tydjie vir Lof en Aanbidding geskeduleer. Dit was gereël vir 08:30, ‘n heel skaflike tyd. Daar was vyftien minute opsy gesit hiervoor. Dit was per slot van sake ‘n Christelike leierskonferensie!

Nou ja, ek moet jou vertel, ek was verslae. By albei konferensies het slegs ‘n derde van die afgevaardigdes deelgeneem aan daardie kort Lof en Aanbiddingstye. ‘n Derde! Om die waarheid te sê, die gedagte wat by my opgekom het, was: ‘Is julle ernstig?’ Twee-derdes van hierdie sogenaamde Christenleiers het eerder gesit en kuier om die ontbyttafel, as om God te aanbid, Hom te eer, Hom eerste te stel!

Deuteronomium 10: 12,13 En nou, Israel, die Here jou God vra net dat jy Hom moet eer, sy wil moet gehoorsaam, Hom moet liefhê en dien met hart en siel. Gehoorsaam die gebooie en voorskrifte wat die Here jou vandag deur my gee. Dit sal tot jou voordeel wees.

Ek gee toe, dat ons besig is. Ons is besig. Ons het vergaderings om by te woon. Haai, weet jy dat ek net nie tyd vir God kan inpas nie? Ek is so besig om dinge te doen, ek het nie tyd om met Hom te praat nie.

Kan ek jou iets vra? Wie jy ook al is, hoe jou lewe ook al lyk – as dit by Jesus kom – is jy ernstig? Want Hy is. Daar wag ‘n ongelooflike verhouding op jou en my. Maar is ons regtig ernstig?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.