... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Lewe in ‘n Tronk

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 4:18,19 Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.

Listen to the radio broadcast of

Lewe in ‘n Tronk


Download audio file

As ek jou sou vra: “Voel jy vry?” wat sou jou antwoord wees? Miskien is ons eerste reaksie om te sê: “Natuurlik, natuurlik is ek vry.” Maar dan begin ons dink aan al die dinge wat ons inperk – dan is ons miskien nie meer so seker nie. Die lewe kan soms soos ‘n tronk voel. Ons is met ‘n vrye gees geskape, en wanneer iets of iemand ‘n las op ons plaas, voel dit asof ons vryheid verloor het. Werk kan so voel. Om ‘n tuisbly-moeder te wees, kan so voel. Om iemand te hê wat jou oorheers, kan so voel. Jy weet net dat dinge nie reg voel nie. Maar aan die ander kant kan ons dink dat vryheid ons die reg gee om ‘enigiets enige tyd’ te mag doen, maar dit is ook nie die geval nie. Vryheid is iets diep binne ons. Ons ervaar dit as ons weet dat ons geliefd is, wanneer ons weet dat ons individue mag wees en wanneer ons besef dat ons keuses het. Dit kom daarop neer dat ons vryheid beleef, as ons weet ons het waarde. Dan kan omstandighede vertroebel, mense kan doen wat hulle wil, hulle kan ons selfs toesluit, maar in ons hart bly ons vry. En dit is die soort vryheid wat Jesus vir ons gebring het. Met sy eerste openbare optrede het hy gesê: Lukas 4: 18,19 Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.” Dit is maklik om daarop te reageer en te sê: “Wel, ek hoef nie van iets bevry te word nie. Ek is nie ‘n gevangene nie. Ek word nie onderdruk nie.” Maar tog weet ons dat ons nie ware vryheid het nie. Iets ontbreek. Daardie iets is die vryheid wat net Jesus kan bring. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge