... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Grootword

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 4:10 As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien.

Listen to the radio broadcast of

Grootword


Download audio file

Het jy al ooit gewonder, wat is die verskil tussen ‘n kind en ‘n volwassene? Behalwe vir die ooglopende fisieke realiteite, wat is die een ding wat die twee onderskei? Op watter punt weet jy dat hierdie kind van jou uiteindelik ‘n volwassene is? Tieners-grootmaak is sonder twyfel een van die uniekste kombinasies van vreugde en frustrasie wat ‘n mens kan beleef. As jy al ooit ‘n tiener in die huis gehad het, weet jy presies waarvan ek praat. Dit is so wonderlik om te sien hoe hulle in volwassenheid ontluik. En tog kan dit so ongelooflik frustrerend wees as jy sien hoe hulle foute maak en seerkry. Maar jy weet ondervinding is die beste leermeester. Dis hoe ‘n mens grootword. ‘n Reuse deel van die grootword proses is om te leer hoe om weg te kom van die eie-ek en iemand te word, wat weet hoe om ander te dien. Hoe om op te offer. Hoe om te kook en te was en skoon te maak en dag na dag, sonder veel erkenning, werk toe te gaan – net omdat dit gedoen moet word. Die ware baken van volwassenheid is in der waarheid ons ​​vermoë om ander te dien. Dit is waarskynlik waarom party mense nog nooit regtig grootgeword het nie! ‘N Vader se raad aan sy kinders oor diensbaarheid: 1 Petrus 4:10 As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy ‘n genadegawe ontvang het, die ander dien. En hier is die interessante ding. Dit gebeur nie voordat ons die eie-ek oorwin het nie. Ons sal ook nie die vreugde ervaar en ons volle potensiaal bereik, sonder om te leer hoe om dienaars te word nie. Gebruik jou unieke Godgegewe gawe om ander te dien. As jy dit nog nie verstaan nie, laat ek dit saamvat:. Word groot. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge