... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Groot Ommekeer

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 107:35 Hy verander woestyngebied in rietvlei, dor land in fonteinwêreld

Listen to the radio broadcast of

Die Groot Ommekeer


Download audio file

Daar is tye wanneer ons so swartgallig is, dat ons dink dat daar slegs teenspoed vir ons voorlê. Maar dit is juis in daardie tye dat God, vanuit die balkon van die hemel, al die wonderlike geleenthede raaksien; meer geleenthede as waaraan ons selfs kan begin dink.

Miskien klink dit te goed om waar te wees. Miskien dink jy dat dit fiksie is en nie feite nie; dat dit ‘n onbereikbare fabel is. En as dit inderdaad is wat jy dink, verstaan ek dit heeltemal. Want wanneer jy in ‘n woestyn verdwaal is, is dit meer waarskynlik dat die plas water wat jy net so ‘n kilometer voor jou sien, ‘n lugspieëling is. O ja, ek verstaan dit.

Maar dan op ‘n dag … dan laat jy vir God toe om in daardie prentjie in te kom. Dan laat jy Hom toe om in jou woestyn ervaring met jou te praat en dinge te verander. Trouens, alles verander dan.

Psalm 107:35 Hy verander woestyngebied in rietvlei, dor land in fonteinwêreld.

 Hierdie psalm handel oor al die wonderlike dinge wat God vir sy volk gedoen het; of hulle nou verlore was, of hulle in die tronk was, of hulle onderdruk was, of hulle honger en dors was, of hulle dwaas was en selfs wanneer hulle teen God in opstand gekom het en hulle probleme oor hulleself gebring het.

Dit is beslis die moeite werd om die hele Psalm te lees, want in enige en elke omstandigheid wat jy jou kan voorstel, is God se begeerte om verlossing te bring. Die begeerte van sy hart is om te red, te verlos en te troos. Dit is ‘n psalm wat getuig van God se nimmereindigende getrouheid en liefde. Dit is ‘n psalm oor God se krag om dinge reg te stel – dit maak nie saak wat die probleem is, of wat die beproewing is nie. 

Hy verander die woestyn in ‘n land met poele water. Hy laat fonteine uit droë grond vloei.

Dit is ons God en dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.